Wanneer moet jy Optree?
We're glad you like it!
Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.
Josua 1:10,11 Josua het die leiers van die volk beveel: “Gaan deur die kamp en sê vir die mense om padkos reg te kry. Oor drie dae gaan julle deur die Jordaan trek om die land wat die Here julle God vir julle gee, in ontvangs te neem.” (NLV)
Wanneer moeilike emosies soos vrees en ontsteltenis ons beetpak, is ons geneig om te versteen. Soos ‘n bok wat verblind is deur ‘n skietlamp, vries ons en hou ons op om reg op te tree – om die situasie korrek te hanteer.
Gister het ons by Josua stilgestaan. Dit was ‘n skrikwekkende tyd. Moses was dood. Josua het die leier van Israel geword net toe hulle geveg na geveg moes trotseer om die Beloofde Land in te neem. Maar God het vir Hom gesê:
Josua 1:9 Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.”
God waarsku Josua teen daardie emosies van vrees en ontsteltenis, wat geneig is om ons te laat vries. En wat was God se opdrag in die aangesig van sy onsekerheid? Wees sterk, wees vasberade want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.”
Hoe het Joshua daarop gereageer? Hoe het hierdie opdrag en die belofte van God in sy lewe na vore gekom?
Josua 1:10,11 Josua het die leiers van die volk beveel: “Gaan deur die kamp en sê vir die mense om padkos reg te kry. Oor drie dae gaan julle deur die Jordaan trek om die land wat die Here julle God vir julle gee, in ontvangs te neem.” (NLV)
God se aanmoediging het hom in staat gestel om met selfvertroue op te tree. In plaas daarvan om uit vrees aan die veilige kant van die Jordaan weg te kruip, het hy die Israeliete met vertroue voorberei vir die geveg. Hy het hulle gelei om deur die rivier te stap en die Beloofde Land in te neem.
Moenie dat vrees en ontsteltenis jou immobiliseer nie. Vra God vir bonatuurlike krag en waagmoed en tree met selfvertroue op.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.