... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Ware Christenskap

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 6:1,2 Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem? Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe?

Listen to the radio broadcast of

Ware Christenskap


Download audio file

Om jou hele lewe na ander mense se pype te dans en hulle te probeer tevrede stel, is harde werk, want mense is wispelturig. Hulle kan eendag aan jou kant wees … en die volgende dag teen jou draai. Jy het dit seker ook al beleef?

‘n Dierbare vriend van my was vir byna veertig jaar ‘n prediker by ‘n kerk. Hy en sy vrou het alles opgeoffer om mense te dien. Hy het inderdaad vir my self ook baie beteken. En tog het twee van sy beste vriende na al die jare teen hom gedraai. Dit het die kerk vernietig. Dit het hom en sy vrou jare geneem om van die seer te herstel.

Daardie soort verraad is ‘n verskriklike ding, maar dit gebeur ongelukkig. Dit gebeur om elke hoek en draai. Dit is een van die redes waarom so baie mense hard daaraan werk om ander mense te behaag, om ten alle koste in hulle goeie boekies te bly.

Maar in ‘n goeie huwelik hoef ‘n mens nie jou sielsgenoot se liefde te probeer verdien nie. Hulle is reeds lief vir jou. Wat jy dan doen, is om slegs op hul liefde te reageer. Daar is ‘n hemelsbreë verskil tussen daardie twee.

En dit is baie dieselfde met God se liefde. Ons verander nie ons gedrag om sy liefde te verdien nie. Hy is reeds lief vir ons. Hy het reeds vir Jesus gestuur om aan ‘n kruis te sterf om vir ons sonde te betaal. Nee, ons verander óns gedrag om op sy liefde te reageer.

Romeine 6:1,2Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem? Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe?

Ware Christenskap is ‘n reaksie op God se liefde, nie ‘n poging om dit te verdien nie. Dis genade.

En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy