... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wat sal ‘n Knuppel in jou Hoenderhok Gooi?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 4:12,13,17 Toe Jesus hoor dat Herodes vir Johannes in die tronk laat opsluit het, het Hy na Galilea toe gegaan. Hy het nie in Nasaret gaan bly nie, maar Hom gaan vestig in Kapernaum by die see, in die gebied van Sebulon en Naftali… Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.”

Listen to the radio broadcast of

Wat sal ‘n Knuppel in jou Hoenderhok Gooi?


Download audio file

Daar is, in die wêreld daar buite en ongelukkig selfs onder God se eie mense, ‘n duidelike vlak van onkunde oor Jesus: Wie Hy volgens die Woord van God is, wat Hy vir die mense geleer het en wat Hy gedoen het.

As jy wil hê jou lewe moet gemaklik voortvloei, sonder te veel kabbels of onderbrekings, sonder te veel eise en te veel uitdagings, dan is, om in onkunde voort te leef oor die ware aard van Jesus, waarskynlik die beste ding vir jou om te doen. Beslis. Om in hierdie ongekompliseerde, luilekker lewe saam met dié Jesus van jou verbeelding voort te dryf; is waarskynlik die beste vir jou, eerder as om saam met die Jesus van die Bybel te leef … totdat daardie hele illusie eendag om jou in duie stort.

Want glo my, een of ander tyd sal dit. Op een of ander stadium sal die gemeenheid van hierdie wêreld, of jou eie sonde, of meer waarskynlik al twee saam, ‘n knuppel in jou hoenderhok gooi en dan sal die vere behoorlik waai.

Matteus 4:12,13,17 Toe Jesus hoor dat Herodes vir Johannes in die tronk laat opsluit het, het Hy na Galilea toe gegaan. Hy het nie in Nasaret gaan bly nie, maar Hom gaan vestig in Kapernaum by die see, in die gebied van Sebulon en Naftali… Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.”

Maar weet jy, wanneer daardie hele proses van “bekering” – om weg te draai van die dinge wat jy weet verkeerd is, en om uit jou plek van veiligheid te kom, wanneer teëspoed (soos Johannes in Jesus se tyd gearresteer is) jou tref – gaan dit beslis die knuppel in jou hoenderhok gooi. Wees gewaarsku, die lewe gaan nie verloop soos jy beplan het dat dit gemaklik sal voortvloei nie.

Ja, my vriend, dit is baie beter om Jesus toe te laat om jou op die regte koers te stuur, as om toe te laat dat jou goddelose weë jou vernietig.

“Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom. 

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy