... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wees Gereed om Sprakeloos te Wees

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 1:21,22 Jesus en sy dissipels het in Kapernaum aangekom. Op die Sabbatdag het Hy dadelik na die sinagoge toe gegaan en Hy was besig om daar onderrig te gee. Hulle was verbaas oor sy onderrig, want Hy het onderrig gegee soos iemand met ware gesag – heeltemal anders as die skrifkenners. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Wees Gereed om Sprakeloos te Wees


Download audio file

Ek weet nie hoeveel kerkdienste jy al in jou lewe bygewoon het nie, maar ek kan eerlik nie sê hoeveel ek al bygewoon het nie. Dit het alles vir my as ‘n jong kind begin. Om vir ‘n uur in ‘n diens stil te sit, was ondraaglik. Die ou wat daar voor gestaan het met sy eindelose, eentonige gebrom het my eindeloos verveel.

Ek gee toe dat ek nog jonk was en dat my negatiewe herinneringe seker aan my onvolwassenheid toegeskryf kan word. Maar deesdae, met die media binne ons bereik, en met al die Christelike programme waartoe ons nou toegang het … moet ek ongelukkig sê dat daar steeds baie kragtelose en lewelose prediking is.

Kom ons kyk na voorbeelde: Sommige preke is daardie gebrom wat ons almal al tot vervelens toe gehoor het; ander weer, is ‘n aanhoudende geskree; of in nog ander gevalle is dit die gekielie van ons ore deur die prediker met die dinge wat ons graag wil hoor. Maar uiteindelik ontbreek die krag wat ons lewens moet transformeer. En dit is niks nuuts nie.

Markus 1:21,22  Jesus en sy dissipels het in Kapernaum aangekom. Op die Sabbatdag het Hy dadelik na die sinagoge toe gegaan en Hy was besig om daar onderrig te gee. Hulle was verbaas oor sy onderrig, want Hy het onderrig gegee soos iemand met ware gesag – heeltemal anders as die skrifkenners. (NLV)

Het jy al ooit gewonder wat die doel daarvan is om te preek? Die doel is om ons met die lewensveranderende Woord van God te konfronteer. Die punt is dat ons lewens getransformeer word. Die punt is om ons in staat te stel om ons lewens af te lê, ons kruis op te neem en Jesus te volg. Dit is die punt. Daarom moet jy baie versigtig soek na waar jy die ware boodskap sal hoor.

Kyk, as jy nie uitgedaag wil word nie, en jou lewe nie radikaal verander wil hê nie, gaan speel eerder op ‘n Sondagoggend gholf. Maar as jy ernstig is, het jy nie doellose, lewelose verkondiging van die wet nodig nie. Jy het iemand nodig wat met gesag onderrig … soos Jesus.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.