... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wees Net Dáár

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 12:15,16 Wees bly saam met dié wat bly is en treur saam met dié wat treur. Wees eensgesind onder mekaar. Moenie hooghartig wees nie, maar skaar julle by die nederiges. Moenie eiewys wees nie.

Listen to the radio broadcast of

Wees Net Dáár


Download audio file

Enigeen wat al kinders grootgemaak het, weet hoe belangrik dit is om hul prestasies saam met hulle te vier en daar te wees vir hulle wanneer hulle seerkry. Ons weet dit instinktief. Maar hoekom is dit belangrik?

Wat kan ek en jy tot ‘n verhouding bydra wat ‘n brug sal bou? Hoe kan ons ‘n band, wat nie maklik verbreek word nie, tussen twee mense vorm? Deur empatie! Dit is kragtig; dit bewys jou liefde. Dit is kosbaar.

En hoewel ons weet hoe belangrik dit in die lewens van ons kinders is, is dit snaaks genoeg, so maklik om te vergeet dat dit net so belangrik tussen volwassenes is. Ja, my vriend, deesdae is ons so behep met werk, rekenaars en selfone dat ons dikwels selfs nalaat om empatie aan ons kinders te betoon.

Paulus gee ‘n wenresep vir ‘n godvrugtige lewe in:

Romeine 12:15,16 Wees bly saam met dié wat bly is en treur saam met dié wat treur. Wees eensgesind onder mekaar. Moenie hooghartig wees nie, maar skaar julle by die nederiges. Moenie eiewys wees nie.

Is dit nie wonderlik prakties en eenvoudig nie? Is dit nie presies wat jy onder empatie verstaan nie?

Wees lief vir mense, leef in harmonie met hulle. Toon empatie deur te wys dat jy dáár is vir hulle, deur saam met hulle, hulle suksesse te vier en ook saam in hulle verdriet te treur.

Daar is ‘n Sweedse spreekwoord wat lui: Gedeelde vreugde is vreugde wat verdubbel word. Gedeelde hartseer is hartseer wat in die helfte gesny word.

Maak dit vandag en sommer môre ook, jou missie in die lewe, om aan jou vriende, kollegas, geliefdes, selfs vreemdelinge empatie te bewys… wees bly saam met dié wat bly is, huil saam met dié wat huil.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.