... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wanneer Vriende Jou Verlaat

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 19:4 Rykdom bring baie mooiweersvriende. ’n Arm man het geen vriende nie. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Wanneer Vriende Jou Verlaat


Download audio file

Daar is niks wat ons meer van stryk af bring, niks wat meer ontstellend is, niks wat meer teleurstellend en … sommer net pynlik is, as wanneer iemand wat jou vriend is wanneer dit voorspoedig gaan, jou verlaat wanneer dit sleg gaan. Het jy al ooit daardie ervaring gehad?

Dis alles behalwe lekker. Wanneer jy hoog vlieg, wil almal jou vriend wees. Wanneer jy val en brand; wanneer jou emosies wipplank ry; wanneer jou lewe ‘n gemors is; sal party van jou sogenaamde vriende ‘n tree terug gee en hulle van jou distansieer.

Natuurlik is dit geensins ‘n nuwe verskynsel nie. Meer as drieduisend jaar gelede het die wyse ou koning Salomo dit so gestel:

Spreuke 19:4 Rykdom bring baie mooiweersvriende. ’n Arm man het geen vriende nie. (NLV)

Dit laat die vraag vir ons elkeen ontstaan: Watter soort vriend is ek? Is ek ‘n mooiweersvriend, dié soort wat vriende is met suksesvolle mense en van diegene in nood wegstap. Of is ek iemand wat mense deur dik en dun sal bystaan?

Sê my … watter soort vriend is jy? Dink aan die mense in jou lewe – diegene wat op die oomblik goed vaar, en diegene wat nie welaf is nie. Het jy twee verskillende wyses waarop jy die deftiges en die sukkelaars behandel? Neig jy meer na diegene wat hul sake in orde het en distansieer jy jouself van diegene wat nie so suksesvol is nie?

Dit is seker in ‘n mate ‘n natuurlike reaksie. Ons het almal ‘n behoefte aan ondersteunende verhoudings. Maar dan moet ons ook in verhoudings wees, waar ons die een is wat gee, eerder as om te neem.

Rykdom bring baie mooiweersvriende. ’n Arm man het geen vriende nie. Moenie ‘n mooiweersvriend wees nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.