... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Bewys van Jou Geloof

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 14:21,23 “Wie my opdragte het en dit uitvoer – dit is hy wat My liefhet. En wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en My aan hom openbaar.” Jesus antwoord hom: “As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon.

Listen to the radio broadcast of

Die Bewys van Jou Geloof


Download audio file

Het jy al ooit gewonder of ander mense agterkom dat jy anders is? Ervaar hulle ‘n sagtheid miskien, of vriendelikheid, of nederigheid en warmte … en wysheid by jou? Of ervaar hulle nie dat jy daardie waardes en deugde uitstraal nie?

Dit is so ‘n groot uitdaging, veral as jy jouself ‘n Christen noem. Jy behoort immers anders te wees. En daardie andersheid word bepaal deur, laat ek dit kaalkop sê, al wil jy dit nie hoor nie … jou liefde vir Christus.

Johannes 14:21,23 Wie my opdragte het en dit uitvoer – dit is hy wat My liefhet. En wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en My aan hom openbaar.” Jesus antwoord hom: “As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon.

Nouja, om Jesus net op sigself te gehoorsaam, red ons nie, maar dit is die bewys van ons geloof. Met ander woorde, ons gehoorsaamheid getuig van ons geloof. Maar soos A.W. Tozer dit stel, het ons in ons poging om die dwaling van verlossing deur werke, te vermy, in die teenoorgestelde slagyster beland, naamlik verlossing sonder gehoorsaamheid.

Wanneer ons doen wat Jesus vir ons sê om te doen, begin ons anders lyk. Ons vreugde, liefde en vriendelikheid laat ons kop en skouers bo ander uitstaan. Maar jy kan dit nie op jou eie bereik nie. Nee, jy kan nie!

Dit is die rede waarom, wanneer jy besluit om Jesus te gehoorsaam, dit sy Teenwoordigheid is wat jou vul met ‘n heerlikheid wat mense nie kan miskyk nie. Jy toon ‘n liefde vir die onbeminlike en ‘n goedheid wat jy self eenvoudig nie besit nie.

Diegene wat Jesus regtig liefhet, is diegene wat nie net sy bevele ken nie, maar dit ook gehoorsaam.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.