... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Potloodhouer

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Numeri 6:22-27 Die Here het vir Moses gesê: “Sê vir Aäron en sy seuns: So moet julle sê wanneer julle die Israeliete seën: “Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee! So moet die priesters my Naam oor die Israeliete uitroep, en Ek sal hulle seën.”

Listen to the radio broadcast of

Die Potloodhouer


Download audio file

Ons het almal sekere goed wat ons besit, wat vir ons spesiaal is. Iets wat ons soos ‘n kleinood bewaar.

Toe ek destyds op laerskool was, het ek vir ‘n verjaardag ‘n splinternuwe potloodhouer present gekry. Dit was so ‘n bruin, blink plastiek boksie – waarskynlik nie eers ‘n duur een nie, maar my hart wou ontplof van opgewondenheid toe ek dit oopmaak. My eie, splinternuwe, potloodhouer. Sjoe!

Dit het ‘n plastiek strokie aan die voorkant gehad met ‘n kaartjie binne waarop jy jou naam kan skryf. Tot vandag toe het ek nog nooit my naam so versigtig, so netjies soos op daardie dag, op daardie kaartjie geskryf nie. My naam het dit soveel meer spesiaal vir my gemaak. Ai, snaaks die dinge wat jy onthou, nè!

Gister het ons saam ontdek dat God se doelwit vir ons goed is, baie goed is. Maar daar is nog iets in die volgende verse wat belangrik is.

Numeri 6:22-27 Die Here het vir Moses gesê: “Sê vir Aäron en sy seuns: So moet julle sê wanneer julle die Israeliete seën: “Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee! So moet die priesters my Naam oor die Israeliete uitroep, en Ek sal hulle seën.”

Het jy daardie laaste gedeelte gesnap? God sal sy Naam oor hulle uitroep. Dis hoekom Christene Christene genoem word – hulle is vernoem na Christus self. En dit, my vriend, maak jou so ongelooflik spesiaal. Onthou wie se Naam jy dra. Wat ‘n seëning!

Want dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy