... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Resep Vir Vrede (4)

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Kolossense 3:15,16 En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar. Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing

Listen to the radio broadcast of

Die Resep Vir Vrede (4)


Download audio file

Nouja, hoe ervaar jy nou eintlik die stilte, die kalmte, en die vrede van God? Daardie vrede wat Hy vir jou beplan? Sy vrede, wanneer die roesemoes van die lewe jou wil oorweldig; wanneer jy die hele tyd deur die branders van die lewe heen en weer geslinger word? Hoe vind jy daardie vrede op ‘n praktiese vlak?

Ek is nie ‘n ou wat net droom nie, ek is ‘n doener. Die rede waarom ons bediening “Christianityworks” genoem word, is omdat Christenskap óf werk, óf nie werk nie. En as dit nie werk nie, onthef ons ons hele span van hul poste en hulle is vry om ‘n ander loopbaan te volg, want dan mors ons ons tyd!

Wanneer God dus vir ons sy vrede, te midde van teenstand belowe, (soos Hy telkens in die Bybel doen); glo ek met my hele hart dat ons eintlik geskape is om daardie vrede in ons dag-tot-dag lewens te ervaar. En hier is dit …

Kolossense 3:15,16 En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar. Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing.

Ja, laat die vrede van Christus jou gedagtes beheer – letterlik in jou hart heers. Maar hoe presies? Hier is dit weer:

Wees altyd dankbaar – want my vriend, as jy ‘n gesindheid van dankbaarheid teenoor God het vir alles wat Hy vir jou gedoen het, sal hierdie gesindheid jou perspektief heeltemal verander. Dit maak jou hart oop om Christus se boodskap in jou te laat lewe.

Met ander woorde, lees gereeld die Bybel. Dink daaroor na en vul jou gedagtes daarmee. Laat ander toe om jou met goddelike wysheid te leer en raad te gee en sing met ‘n dankbare hart ‘n nuwe lied tot God se eer.

Dit is die wyse waarop jy God se vrede van dag tot dag sal ervaar.

En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.