... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Uiteindelike Doel van God se Liefde

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Johannes 4:10-12 Werklike liefde is dít: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes. Geliefdes, as dit is hoe God sy liefde aan ons bewys het, behoort ons mekaar ook lief te hê. Niemand het God nog ooit gesien nie, maar as ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereik.

Listen to the radio broadcast of

Die Uiteindelike Doel van God se Liefde


Download audio file

Is jy gewillig om gou te dink aan die befoeterdste, moeilikste persoon in jou lewe? Sien sy gesig in jou gedagtes. Goed. Dink nou aan die laaste kontak wat jy met die persoon gehad het. Hoe laat dit jou voel om aan die persoon te dink?

Ek het jou aan hierdie moeilike persoon laat dink om te wys dat dit nie maklik is om onvolmaakte mense lief te hê nie. Ja, my maat, dis selfs van toepassing in ‘n huwelik. In hierdie mees intieme en die belangrikste van alle menslike verhoudings, werk die man en vrou, in hul onvolmaaktheid, van tyd tot tyd op mekaar se senuwees, nie waar nie?

Maar al is dit moeilik om lief te hê, weet ons dat liefde ongelooflik belangrik is. Ons het almal ‘n diep behoefte aan liefde – ja, ons wíl en móét bemin of aanvaar word. Maar hoekom is dit so? Wat is die doel van liefde; wat is die uiteindelike doel van liefde? Wat is God se doel met die onvolmaakte mensdom?

1 Johannes 4:10-12 Werklike liefde is dít: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes. Geliefdes, as dit is hoe God sy liefde aan ons bewys het, behoort ons mekaar ook lief te hê. Niemand het God nog ooit gesien nie, maar as ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereik.

Ons weet dat God sy liefde vir ons in die eerste instansie gee sodat ons daardeur vergewe kan word en in ‘n verhouding met Hom kan leef, sodat ons kan weet hoe lief Hy ons het. Maar het jy sy tweede doelwit raakgesien? Ja, dis reg, dit sluit jou medemens in:

as ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereik

Wees lief vir God. En wees lief vir mekaar.

Dis sy Woord. Vars … vir jou … vandag.