... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Wese van Empatie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 7:12 Doen vir ander alles wat julle graag wil hê hulle vir julle sal doen. Dit is die kern van die wet en die profete.”

Listen to the radio broadcast of

Die Wese van Empatie


Download audio file

Empatie is een van die mees aangrypende en kragtigste uitdrukkings van liefde. Om dáár te wees vir iemand; saam met hulle seer te ervaar … of inderdaad om saam met hulle fees te vier; spreek van liefde soos niks anders nie.

Ja, my vriend, empatie is ‘n wonderlike ding. En tog vergeet ons dikwels om empatie teenoor ander te bewys. In die daaglikse gewoel en gewerskaf van die lewe raak jy so besig met jou eie uitdagings, waar jy probeer om alles gedaan te kry en om jou eie emosies te hanteer, dat jy nie aan ander mense dink nie.

Oorweeg net vir ‘n oomblik jou omgang met die mense rondom jou gedurende die laaste dag of wat. Het jy gedink aan hoe hulle gevoel het terwyl jy met hulle gepraat het? Of hoe hulle dit ervaar het toe jy hulle vermy het? Of saam met hulle gewerk het? Sê my: Het jy ooit hulle emosies raakgesien? Het jy vir hulle gewys dat jy verstaan hoe hulle voel?

Miskien klink dit alles ‘n bietjie wollerig en sentimenteel. Ek bedoel, jy sukkel genoeg om sin te maak van jou eie emosies met alles wat in jou gekompliseerde lewe aangaan! Wag, laat ons prakties raak en hierdie woord ‘empatie’ mooi bekyk. Jesus het dit so gestel:

Matteus 7:12 Doen vir ander alles wat julle graag wil hê hulle vir julle sal doen. Dit is die kern van die wet en die profete.”

Dit is Jesus se opdrag: verstaan en voel wat die ander persoon voel, en om dit eenvoudig te stel; beteken dit dat jy hulle moet behandel soos jy behandel wil word. En as jy daaroor nadink, is dit die wese van empatie.

Empatie is ‘n praktiese wyse wat ondubbelsinnig kommunikeer dat jy werklik verstaan; dat jy regtig voel wat iemand anders voel.

Doen vir ander alles wat julle graag wil hê hulle vir julle sal doen.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.