... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Geloof en Goedheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Petrus1:3,5 Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag. En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis,

Listen to the radio broadcast of

Geloof en Goedheid


Download audio file

Kan ek jou vra: hoe begin jy om ‘n goeie lewenstyl te kweek? Een wat ryk en bevredigend is. Een wat diegene rondom jou positief inspireer. Hoe doen jy dit eintlik?

Dit is nie ‘n teoretiese vraag nie, nee beslis nie. Ons kry één lewe om op hierdie aarde te leef en dit glip verbasend vinnig deur ons vingers. Daarom gaan ons vandag, en gedurende die res van hierdie week, tyd saam spandeer om te kyk hoe om ‘n kwaliteit droomlewe te bou.

2 Petrus 1:3,5 Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag. En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis,

Met ander woorde, as ons in Hom glo, het God ons reeds deur Jesus die krag gegee wat ons nodig het om ‘n goeie lewe te lei. Om die waarheid te sê, eerder as om dit op ons eie te probeer uitwerk, het Hy reeds vir ons alles gegee wat ons nodig het om ‘n oorvloedige lewe te lei. Maar nou is dit tyd om met Hom saam te werk om ons denke te vernuwe, en om ‘n lewenswyse te kweek wat vir God aanneemlik en volmaak is.

Kom, neem vandag ‘n besluit om werklik te glo dat wat Hy sê, waar is. Glo dat Jesus is wie Hy sê Hy is. Glo dat God jou lewe ten goede wil beïnvloed. En voeg daarby ook jou bydrae van die goedheid wat jy reeds van Hom ontvang het. Toemaar, ek weet, party dae voel ons nie so edel nie, ons tree ook nie so voorbeeldig op nie!

Maar laat ek jou bemoedig: toe jy in Jesus begin glo het, het Hy jou reeds alles gegee wat jy nodig het. Voeg goedheid by jou geloof … en jy is stewig op die wenpad.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy