... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Getransformeer deur Jesus se Heerlikheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Korintiërs 3:18 Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.

Listen to the radio broadcast of

Getransformeer deur Jesus se Heerlikheid


Download audio file

Wanneer jy terugkyk na jou lewe, wat is die dinge – die mense, die verhoudings, die omstandighede, die beproewings, of die seëninge – wat jou die mens gemaak het wat jy vandag is?

Baie mense ly aan ‘n swak selfbeeld as gevolg van die manier waarop hulle in hul grootwordjare behandel is. Slagoffers van mishandeling dra dikwels littekens wat hulle lewens raak. Mishandeling is nie die enigste oorsaak nie; daar is ook baie ander negatiewe verhoudings en ervarings wat lewens kan bederf.

Aan die anderkant, sal iemand wat in ‘n veilige huis met liefdevolle ouers grootgeword het – dit maak nie saak of hulle nou ryk of arm is nie – waarskynlik ‘n heel ander perspektief op die lewe hê en weet waar hulle inpas.

Ek het wonderlike ouers gehad; in ‘n veilige huis grootgeword en goeie onderrig ontvang; maar ongelukkig het ek ‘n ongesonde trots ontwikkel. ‘n Trots wat baie van my vroeë volwasse jare verwoes het. Maar, as ek terugdink, weet ek hoe dinge radikaal verander het toe ek Jesus ontmoet het. Op die donkerste, eensaamste, seerste dag wat ek nog ooit beleef het, het ek die heerlikheid van Jesus se Lig ontdek. En net daar het dinge begin verander.

2 Korintiërs 3:18 Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.

Wanneer die heerlikheid van God deur Jesus, God se eie Seun, jou aanraak, verander dit jou; dit genees jou; dit vul jou met ‘n onbeskryflike Lig, ‘n warmte, ‘n vreugde, ‘n vrede. En hoe nader jy aan Jesus kom, hoe meer verander Hy jou, van een vlak van heerlikheid na die volgende.

Jesus verander alles.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy