... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

God is Getrou

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 145:17-20 Die Here is regverdig in al sy handelinge, getrou in alles wat Hy doen. Die Here is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom in opregtheid aanroep. Aan dié wat Hom dien, gee Hy wat hulle vra, Hy hoor as hulle om hulp roep, en Hy red hulle. Die Here beskerm almal wat Hom liefhet, maar al die goddeloses verdelg Hy.

Listen to the radio broadcast of

God is Getrou


Download audio file

Dit is moeilik om God se beloftes na waarde te skat. God is goed, God is getrou. Hy sal jou nooit in die steek laat of verlaat nie. Ja, dit klink baie mooi. Maar kan ek dit glo wanneer die vet in die vuur is?

Wel, dit hang af… Natuurlik is die goedheid, die krag, die liefde en die getrouheid van God, op die keper beskou, waar. Maar of ons dit só beleef, hang af van hoe ons op Hom reageer.

Psalm 145:17-20 Die Here is regverdig in al sy handelinge, getrou in alles wat Hy doen. Die Here is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom in opregtheid aanroep. Aan dié wat Hom dien, gee Hy wat hulle vra, Hy hoor as hulle om hulp roep, en Hy red hulle. Die Here beskerm almal wat Hom liefhet, maar al die goddeloses verdelg Hy.

Die objektiewe waarheid is: Die Here is regverdig in al sy handelinge, getrou in alles wat Hy doen. Ons kan nie daarmee stry nie. Maar wat is sy voorwaarde? By wie is Hy naby? Aan almal wat Hom in opregtheid aanroep. Wie se begeertes vervul Hy? Dié wat Hom dien. Wie red Hy? Hulle wat om hulp roep. Oor wie waak Hy? Die Here beskerm almal wat Hom liefhet.

Kan ek jou vra, hoe het jy op God gereageer? Het jy Hom in opregtheid aangeroep? Dien jy Hom? Roep jy na Hom? Het jy hom lief? As jou antwoord ‘JA’ is, dan sal jy alles ontvang wat Hy belowe. Jy sal die volheid van sy Teenwoordigheid en sy Liefde ervaar.

Maar as jou antwoord ‘nee’ is, weet verseker: al die goddeloses verdelg Hy.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.