... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

God Is Getrou

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 1:9 God sal dit beslis vir julle doen, want Hy hou altyd by sy woord. Dit is tog Hý wat julle geroep het om in hierdie wonderlike persoonlike verhouding met sy Seun, Jesus Christus ons Here, te deel.

Listen to the radio broadcast of

God Is Getrou


Download audio file

Alhoewel die onderwysstelsel deesdae so baie verander het, geld die konsep van slaag of druip steeds. Jy haal die paal óf jy haal dit nie. Jy slaag en kry daardie stuk papier in jou hand, of jy loop leë hande daar weg.

En dit is hoe dit byna in elke sfeer van die lewe werk. Jy kry óf ’n sielsgenoot en trou, óf jy kry nie. Jou huwelik hou ‘n leeftyd, of dit hou nie. Jy bereik sukses in jou werk … of jy misluk.

Uiteindelik is dit ‘n binêre wêreld. Wen of verloor. Sukses of mislukking. En weet jy wat ons doen? Ons dra daardie begrip na ons verhouding met God oor. Maar kom ons kyk wat die waarheid is: Jesus het aan die kruis gesterf om vir ons sondes te betaal en sy vergifnis is ‘n gratis geskenk. Hierdie gratis geskenk word deur eenvoudige geloof geaktiveer en sodra ons daardie vergifnis het, gaan ons ‘n nuwe lewe in.

En daardie nuwe lewe behels om weg te draai van wat ons weet verkeerd is. Dit behels verandering. Dit is hoekom ‘n sentrale deel van Jesus se boodskap altyd bekering was – om terug te draai na God.

So, sê my, het jy daardie nuwe lewe van jou perfek geleef? Nee, ek ook nie. Ons almal struikel. Ons skiet almal te kort. Beteken dit … dat ons misluk het? Nee! Hoe werk dit dan?

1 Korintiërs 1:9 God sal dit beslis vir julle doen, want Hy hou altyd by sy woord. Dit is tog Hý wat julle geroep het om in hierdie wonderlike persoonlike verhouding met sy Seun, Jesus Christus ons Here, te deel. (NLV)

In hierdie binêre wêreld van wen/verloor, slaag/misluk, is die een ding wat ons so maklik vergeet … God se genade. Dit laat ons nie in die steek nie, want dit misluk nooit nie. Sy genade is elke oggend nuut. Hy sal nooit wanneer jy na Hom toe gaan en vra, nalaat om jou te vergewe vir jou foute en jou tekortkominge nie.

Ja my vriend, Jesus het vir elkeen van ons sondes betaal – dié van die verlede, die hede en die toekoms. Want … God is getrou!

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.