... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Goddelike Afsprake

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 4:3-8 Toe Jesus dit verneem, het Hy Judea verlaat en weer na Galilea toe gegaan. Hy moes deur Samaria gaan. Hy kom toe by 'n dorp in Samaria met die naam Sigar, naby die stuk grond wat Jakob aan sy seun Josef gegee het. Die fontein van Jakob was daar, en Jesus het toe, omdat Hy moeg was van die reis, sommer by die fontein gaan sit. Dit was omtrent twaalfuur die middag. Daar kom toe 'n Samaritaanse vrou water haal, en Jesus vra vir haar: “Gee My 'n bietjie water om te drink.” Sy dissipels was intussen weg dorp toe om te gaan kos koop.

Daar is tye in die lewe wanneer jy ontdek dat gewone, alledaagse gebeurtenisse goddelike afsprake was. En as ons oë en ore oop is, beleef ons goddelike afsprake baie meer gereeld.

Jesus het dikwels sulke goddelike afsprake gehad. Ons sien in:

Johannes 4: 3 tot 8 Toe Jesus dit verneem, het Hy Judea verlaat en weer na Galilea toe gegaan. Hy moes deur Samaria gaan. Hy kom toe by ‘n dorp in Samaria met die naam Sigar, naby die stuk grond wat Jakob aan sy seun Josef gegee het. Die fontein van Jakob was daar, en Jesus het toe, omdat Hy moeg was van die reis, sommer by die fontein gaan sit. Dit was omtrent twaalfuur die middag. Daar kom toe ‘n Samaritaanse vrou water haal, en Jesus vra vir haar: “Gee My ‘n bietjie water om te drink.” Sy dissipels was intussen weg dorp toe om te gaan kos koop.

Jesus wou die potensiële konflik tussen Hom en die Judeërs vermy en het deur Samaria gereis. Die Jode en die Samaritane het nie goed klaargekom nie. So gebeur dit toe dat Jesus alleen by ‘n put sit, toe ‘n Samaritaanse vrou kom water skep. Hy was moeg en honger, maar Hy het in sy Gees geweet dat dit ‘n goddelike afspraak was. Ons sal meer hieroor praat gedurende die res van die week. Ek wil net stilstaan by die feit dat Jesus die geleentheid aangegryp het. Een kommentator stel dit so…

Iemand met ‘n dienende hart verstaan hoe kosbaar elke mens se lewe is. Dit is ‘n ontnugterende besef dat ons nooit met ‘n blote sterfling praat nie. Nee, nooit nie! Almal wat ons ontmoet, sal ewig lewe, óf as ‘n glorieryke wese óf as ‘n verskriklike verlore siel. Die dienende hart verstaan dit en behandel alle ontmoetings met respek.

Hou jou oë en ore oop. Moenie die goddelike afsprake misloop nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy