... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Goeie Teologie is nie Genoeg nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 23:23,24 “Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle gee tiendes van kruisement, anys en koljander, maar wat volgens die wet van God die swaarste weeg, laat julle na: geregtigheid, barmhartigheid en betroubaarheid. Juis hierdie dinge moet 'n mens doen en die ander nie nalaat nie. Blinde leiers! Julle skep die muggie uit julle beker uit, maar julle sluk die kameel in

Listen to the radio broadcast of

Goeie Teologie is nie Genoeg nie


Download audio file

Verskillende mense verstaan die Goeie Nuus van Jesus op verskillende maniere. Ek is ‘n eenvoudige ou. Ek maak die Bybel oop, lees dit en glo wat God sê, selfs wanneer dit bots – wat dikwels gebeur – met kontemporêre sekulêre denke.

Om myself ‘n teoloog te noem, voel vir my ‘n bietjie pretensieus. Ek is nie so slim nie. Maar ek het ‘n passie vir God se Woord. Ek wil indringend daarna kyk, nader aan Jesus kom, Hom beter ken en die mens word wat Hy my gemaak het om te wees. Dis alles goed en prysenswaardig … maar daar is ‘n gevaar.

En daardie gevaar, lê hierin. Ons raak so passievol oor ons teologie, dat ons dit op onsensitiewe wyse uitbasuin, sonder om te onthou wat die belangrikste van alles is. Liefde. Ons oordeel die mense daar buite, wanneer hul boosheid al hoe duideliker vir ons word, soos ons in kennis van die Bybel toeneem.

Jesus het sulke mense in sy lewe gehad. Die Fariseërs en Sadduseërs was ‘n hele godsdienstige sekte. Hulle was die ouens wat uiteindelik sy moord georkestreer het. Kyk hoe ernstig moes Hy hulle aanspreek:

Matteus 23:23 “Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle gee tiendes van kruisement, anys en koljander, maar wat volgens die wet van God die swaarste weeg, laat julle na: geregtigheid, barmhartigheid en betroubaarheid. Juis hierdie dinge moet ‘n mens doen en die ander nie nalaat nie. Blinde leiers! Julle skep die muggie uit julle beker uit, maar julle sluk die kameel in.

Hierdie ouens het reël op belaglike reël gemaak in ‘n poging om die Wet van Moses te volg. Maar hulle het die belangrikste ding misgekyk. Die liefde, wat in geregtigheid, barmhartigheid en getrouheid uiting vind.

Moenie in daardie strik trap nie. Soos iemand eenkeer gesê het: goeie teologie maak nie op vir ‘n liefdelose hart nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.