... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hy Sal Jou Laat Volhard

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 1:8 Hy sal julle enduit vas laat staan sodat, op die groot dag wanneer ons Here Jesus Christus terugkom, geen vinger na julle gewys sal kan word nie. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Hy Sal Jou Laat Volhard


Download audio file

Volharding klink na harde werk, nè? Dis nie iets waarvan ons so baie hou nie, want dit spreek van lyding en beproewing om tot aan die einde deur te druk. Wie het dít nou nodig? Nie jy nie, nie ek nie, of hoe sê ek?

En tog is volharding ‘n konstante tema in die lewe. Soms voel dit goed, soos die atleet wat oefen om ‘n prys te wen en deur die pyn van spierbou en stamina-bou volhard het.

Ander kere sien ons dit as negatief – volharding deur ‘n moeilike huwelik, finansiële swaarkry, eensaamheid. Hoe dit ook al sy, die versoeking om op te gee, is altyd daar.

En dit is ook waar vir enigiemand wat Jesus wil volg. Dit is die volharding om aan sy voete te leer, om in Hom te groei en om Hom te dien. Dit veroorsaak dikwels pyn in ons lewens. Die pyn van vervolging … en versoeking. Ja, versoeking is ‘n groot struikelblok.

Daar is soveel dinge daar buite wat ons van Jesus wil weglok – onsedelikheid, hebsug, oneerlikheid, konflik. Die versoeking om deur daardie soort dinge betower te word, is so groot, dat om dit te weerstaan, krag en energie gaan vereis. Dit is uitputtend. Nou ja, hier kom die goeie nuus. Is jy gereed om te hoor wat God sal doen?

1 Korintiërs 1:8 Hy sal julle enduit vas laat staan sodat, op die groot dag wanneer ons Here Jesus Christus terugkom, geen vinger na julle gewys sal kan word nie. (NLV)

Ons hoef nie alleen te probeer om te volhard nie. Ons sal dit beslis nie op ons eie regkry nie. Wanneer jy na Jesus kom, sal sy Gees in jou, jou sterk hou tot die einde toe. Sodat? Sodat jy op die dag wanneer ons Here Jesus Christus terugkom, vry van blaam sal wees!

Jy hoef nie alleen te stry nie!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.