... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Iets om te Onthou

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 16:7,8 Ek sal die Here loof wat my tot die regte insig gebring het; selfs in die nag bly ek bewus van wat Hy my leer. Ek het die Here altyd by my: omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie.

Listen to the radio broadcast of

Iets om te Onthou


Download audio file

Ons voel dikwels heeltemal alleen wanneer ons teëspoed in die gesig staar; die een of ander stryd voer; of in een of ander gemors vasgevang is. Ons ís dalk nie alleen nie, maar dit is hoe dit voel!

Trouens, hoe intenser die stryd is, hoe meer pyn ons beleef … hoe verder lyk God van ons af. Die probleem wat ons in die gesig staar, is so groot dat God daar in die verte tog so klein lyk … indien ons Hom enigsins kan sien! Klink dit bekend?

Daardie gevoel van alleenwees; om totaal van God geskei te wees: Dis nie die waarheid nie. Want die waarheid is:

Psalm 16:7,8 Ek sal die Here loof wat my tot die regte insig gebring het; selfs in die nag bly ek bewus van wat Hy my leer. Ek het die Here altyd by my: omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie.

Ons het almal die Heilige Gees nodig om ons daardie waarheid te leer, om daar in die middel van die nag, terwyl ons in die donkerte rondval, met ons te wees. Daarom is dit so belangrik dat ons gereeld God se Woord sal lees en ons eie sal maak, sodat ons voorbereid kan wees wanneer teëspoed toeslaan. Die waarheid wat ek deur God geleer word, wat Hy op my hart skryf; die waarheid wat ek moet onthou, is dat die Here altyd by my is. Hy is hier, ín my, niks kan my platslaan nie.

Koning Dawid het hierdie Psalm te midde van groot teëspoed geskryf. Op daardie oomblik het God glad nie ver gelyk nie, want hy het reeds die waarheid geken. My vriend, die Here woon in jou hart!

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.