... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Juig Sommer Nou

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 5:11 Bo alles kan ons nou ook jubel in God omdat Jesus Christus ons Here ons bevoorreg het om nou God se vriende te wees. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Juig Sommer Nou


Download audio file

Dit is amper Kersfees. My Kersfees. Jou Kersfees. Ja, my vriend, ek en jy sal op verskillende plekke en op verskillende maniere feesvier.

Kan ek jou vandag vra: is jy regtig lus om fees te vier? Of het die bekommernisse van hierdie wêreld enige gevoel van vreugde en verwondering in hierdie aanloop tot Kersfees verdring?

My gebed vir jou is dat jy sal oorloop van dankbaarheid … maar wat jou omstandighede ook al mag wees, wat jy ook al voel; glo ek uit die diepte van my hart dat God wil hê jy moet feesvier; dat Hy wil hê jy moet bly wees; dat Hy wil hê dat jy oorweldig moet word deur Sy eindelose liefde vir jou.

Romeine 5:11 Bo alles kan ons nou ook jubel in God omdat Jesus Christus ons Here ons bevoorreg het om nou God se vriende te wees. (NLV)

Ons het gister na die vorige paar verse gekyk en gesels oor God se plan om ons vriendskap met Hom te herstel deur ons lei, deur Jesus se offer skoon te vee.

Maar in hierdie volgende asemteug word ons vertel dat ons nou verheug moet wees oor wat God vir ons, deur ons Here Jesus Christus, gedoen het. Dit is as gevolg van Jesus se groot offer dat ons nou God se vriende is.

Kersfees is God wat nader aan jou kom. Kersfees is God wat jou roep om, ten spyte van alles wat jy gedoen het, sy vriend te wees. Sê sommer nou nog ‘n keer vir Jesus dankie!

Want dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy