Jy Is Myne
We're glad you like it!
Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.
Jesaja 43:1-3 Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie, want Ek is die Here jou God, die Heilige van Israel, jou Redder. Ek gee Egipte as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek.
Een van die mees algemene simptome wat ons almal tydens moeilike tye in ons lewens ervaar, is ‘n gevoel dat ons van God geskei is. Dit voel amper asof Hy ons verlaat het; amper asof Hy ons vergeet het.
Nou ja, daardie gevoel van skeiding van God is eintlik net natuurlik wanneer jy op een of ander manier seergekry het. Pyn het ‘n manier om ons emosioneel te isoleer van diegene rondom ons, en inderdaad ook geestelik van dié Een wat ons kan red.
Wanneer jy daardie gevoel van afstand van God ervaar, wees gerus – jy is nie die enigste een wat so voel nie. Ek het beslis ook al so gevoel, ten spyte van die feit dat ek al lankal ‘n Christen is. Nou ja, wat is die antwoord? Hoe kan jy die mure wat jou brose emosionele toestand om jou oprig, met die doel om jou te isoleer en jou alleen te laat voel, hanteer?
Die antwoord is om God toe te laat om in daardie eensame plek met jou te praat. Die antwoord is om te glo wat Hy vir jou sê oor die emosies wat jou wil onderkry:
Jesaja 43:1-3Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie, want Ek is die Here jou God, die Heilige van Israel, jou Redder. Ek gee Egipte as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek.
Die waarheid is dat God jou nooit verlaat het nie. Die waarheid is dat Hy net daar by jou is, want Hy is die Here jou God. Hy is jou Verlosser.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.