... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Kersfees Kom

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 7:13,14 Toe het Jesaja gesê: “Luister baie mooi, julle koninklike familie van Dawid! Julle is nie tevrede om my geduld te beproef nie. Nou beproef julle God se geduld ook! Nou goed dan, die Here sal dan self ’n teken kies. Die jong vrou sal verwagtend raak. Sy sal geboorte skenk aan ’n seun en hom Immanuel noem.

Listen to the radio broadcast of

Kersfees Kom


Download audio file

Kan jy dit glo, dis net tien dae voor Kersfees! Tien dae! Wat het van die jaar geword? Waar het die tyd heen gevlieg? Ek dink hoe ouer ons word, hoe meer beleef ons die vinnige verloop van tyd.

Eeue voor die geboorte van Jesus in die stal in Betlehem, was Israel, God se uitverkore volk, vir die soveelste keer ongehoorsaam. Hulle het afgewyk daarvan om God te eer en hulle het oorgegaan tot die aanbidding van afgode. Ja, hulle het vergeet Wie hulle uit hul slawerny in Egipte gebring het. Die naam “Israel” beteken inderdaad letterlik “hy worstel met God”.

Dwarsdeur die hele Ou Testament sien ons hoe die Israeliete die gevolge van hul rebellie moes dra. Maar dan, te midde van dit alles, bring God ‘n wonderlike profesie; ‘n hoop op ‘n toekoms waar dinge heeltemal anders sal wees.

Jesaja 7:13,14 Toe het Jesaja gesê: “Luister baie mooi, julle koninklike familie van Dawid! Julle is nie tevrede om my geduld te beproef nie. Nou beproef julle God se geduld ook! Nou goed dan, die Here sal dan self ’n teken kies. Die jong vrou sal verwagtend raak. Sy sal geboorte skenk aan ’n seun en hom Immanuel noem.

God verwys hier na ‘n toekoms waar Hy nie meer sy mense vir hulle sonde sal straf nie, maar in plaas daarvan sal toelaat dat die straf, wat elkeen van ons verdien, op die skouers van Jesus, sy enigste Seun sal val. Jesus, ons Immanuel, sal sterf om vir ons sonde te betaal.

Die jong vrou sal verwagtend raak. Sy sal geboorte skenk aan ’n seun en hom Immanuel noem. Myvriend, hierdie profesie is bewaarheid. Daardie toekoms het gekom. Dit is hier, nou. Jesus het gekom om jou vry te maak. Daarom vier ons met soveel vreugde Kersfees.

Jesus het vir jou gekom.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy