... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Vertrou Sonder om te Twyfel

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 13:7 Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

Listen to the radio broadcast of

Vertrou Sonder om te Twyfel


Download audio file

Het jy al ooit ‘n punt bereik waar jy net eenvoudig genoeg gehad het van iemand in jou lewe? Dalk is dit ‘n lid van jou uitgebreide familie, of dalk iemand met wie jy ‘n lang vriendskap het … 

Ek is seker ons het almal al sulke mense in ons lewens gehad. Daardie een familielid wat deur sy aanhoudende swak gedrag jou respek verloor het. Dis dit! Hy kom nooit weer vir Kersfees oor nie! Of daardie vrou met wie jy al jare lank vriende is, maar met die verloop van tyd het dit onmoontlik geword om met haar oor die weg te kom. En op ‘n kol, het jy jou miskien onbewustelik van haar losgesny. Haar vriendskap is net nie die moeite werd nie!

Hoe kom ons by daardie punt? Hoe gebeur dit dat ons ‘n eens belangrike verhouding kan vat, en dit net so op die ashoop gooi?

Miskien voel jy nou so ‘n bietjie ongemaklik? Miskien roer ek nou ‘n gevoelige snaar aan. Maar dan, miskien, net miskien, het daardie teer snaar vandag ‘n bietjie aandag nodig.

As jy so ‘n verhoudingsgeraamte in jou kas het, is hier ‘n versie wat dalk nou nommerpas vir jou kan wees:

1 Korintiërs 13:7 (Die Liefde)bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

Het jy al ooit daaraan gedink dat ek en jy ook al party dae meer moeite, as plesier, in die lewens van diegene rondom ons veroorsaak het? Is dit nie waar dat ons die lewe vir ander bra onaangenaam gemaak het, toe ons deur ‘n moeilike tyd is nie?

En tog het daardie ander mense ons verdra en ondersteun. Liefde verloor nooit vertroue in sy medemens nie. 

Die Liefdebedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Make your gift monthly to share more Living Hope!

Hearts are open to Jesus at Easter. Your monthly support will help reach millions around the world to share the hope of Christ.

Make it Monthly