... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Leer my u Pad, Here

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 86:11 Leer my u pad, Here, ek wil wandel in u waarheid; leer my U met toewyding dien. Met my hele hart sal ek U prys, Here my God, u Naam altyd eer,

Listen to the radio broadcast of

Leer my u Pad, Here


Download audio file

Het jy al ooit op ‘n vreemde plek verdwaal? Watter kant is noord? Hierdie kaart is verouderd; die straatname het verander. Moet ek hierdie kant of daardie kant toe stap? Waar is die bushalte? Is dit ooit die regte straat? Hoe gaan ek uitkom by die plek waarheen ek moet gaan?

Ja-nee, om te verdwaal is beslis nie ‘n grap nie. Natuurlik is dit deesdae vir die meeste van ons baie makliker. Google Maps, Waze, of Apple Maps, verander die situasie – hulle sal jou help om by jou bestemming uit te kom.

As die lewenspad maar net so eenvoudig was! Wanneer ons by vurke in ons lewenspad kom en keuses moet maak, is dit ‘n ander storie! Gaan ek hierdie of daardie kant toe? Het ek te ver gekom? Moet ek terugdraai? Soms neem ons vinnige besluite, en dit is dikwels net mog‘t treffe idees. Ander kere stel ons uit. En as dit nie vinnig uitwerk nie, gee ons moed op en draai terug.

Ek dink nie dis ‘n slim manier om jou lewe te leef nie! Maar kyk wat Dawid in hierdie Psalm gevra het:

Psalm 86:11 Leer my u pad, Here, ek wil wandel in u waarheid; leer my U met toewyding dien. Met my hele hart sal ek U prys, Here my God, u Naam altyd eer,

Dawid se lewe het nogal heelwat meer kinkels en draaie in gehad as wat ons s’n ooit sal hê en baie van hulle het letterlik oorlewingsbesluite vereis.

Maar wie se rigting het Dawid op die ou end besluit om te volg? God s’n! Hoekom? Sodat hy die waarheid oor die lewe kan ontdek en God se leiding kan volg; sodat sy hart nie verdeeld sal wees nie, maar dat hy daarop kan fokus om God elke tree van die pad te eer.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy