... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Loof Hom

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 150:1-6 Prys die Here! Prys God in sy heiligdom, prys Hom hier onder sy magtige hemelgewelf! Prys Hom oor sy kragtige dade, prys Hom in sy magtige grootheid! Prys Hom met die ramshoring, prys Hom met harp en lier! Prys Hom met tamboeryn en koordanse, prys Hom met snaarinstrumente en fluite! Prys Hom met simbale, prys Hom met galmende simbale! Laat alles wat asemhaal, die Here prys. Prys die Here!

Listen to the radio broadcast of

Loof Hom


Download audio file

Kan ek jou vra, wanneer laas het jy God geprys? En kan jy onthou hoe jy dit gedoen het? Hoe het jy Hom geprys? Dit is nogal ‘n goeie vraag om onsself op ‘n Sondag, wanneer Christene regoor die wêreld tradisioneel in eredienste bymekaarkom, af te vra.

Hoe gereeld was jy al in ‘n diens waar jy een of ander lof- of aanbiddingslied gesing het, en in plaas daarvan om op God te fokus, het jy jou gedagtes toegelaat om te dwaal? En toe het een of ander gesin laat opgedaag. So onder die sing van daardie gewyde woorde van lof, het jou kop gedraai, jou oë afgedwaal, en jy het by jouself gedink, daardie mense is altyd laat. Wat is hulle storie?!

Dan moet jy jouself afvra, loof jy werklik, waarlik die God wat sy Seun gestuur het om jou te red? Was jy regtig opreg in jou lofsang tot die Here? Hier is die laaste Psalm in die Bybel.

Psalm 150:1-6 Prys die Here! Prys God in sy heiligdom, prys Hom hier onder sy magtige hemelgewelf! Prys Hom oor sy kragtige dade, prys Hom in sy magtige grootheid! Prys Hom met die ramshoring, prys Hom met harp en lier! Prys Hom met tamboeryn en koordanse, prys Hom met snaarinstrumente en fluite! Prys Hom met simbale, prys Hom met galmende simbale! Laat alles wat asemhaal, die Here prys. Prys die Here!

Terwyl ek oor hierdie psalm nadink, voel ek die psalmdigter se genot, sy passie en sy entoesiasme aan. Dis wat ek ervaar wanneer hy sy lof uitspreek. Is dit hoe jy God loof? Weet jy, ek is redelik seker dat Hy nie so baie omgee of jy nou regtig op die noot sing of nie. Wat vir Hom belangrik is, is wat in jou hart besig is om te gebeur.

Laat alles wat asemhaal, die Here prys. Prys die Here!

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.