... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Maar ek Verstaan Nie …

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Hebreërs 11:8,9 Omdat Abraham geglo het, het hy gehoor gegee toe God hom geroep het om weg te trek na die plek toe wat hy as erfdeel sou ontvang. Hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou uitkom. Omdat hy geglo het, het hy in die beloofde land gaan woon, 'n vreemdeling in 'n vreemde land. In tente het hy daar gewoon, en so ook Isak en Jakob wat saam met hom erfgename van dieselfde belofte was,

Listen to the radio broadcast of

Maar ek Verstaan Nie …


Download audio file

Enige ouer weet hoe gefrustreerd jy raak wanneer jy vir jou kinders ‘n opdrag gee, en hulle vra “Hoekom?” vóórdat hulle gehoorsaam. Soms is daar ‘n gepaste antwoord. Ander kere, nie.

Die antwoord is, dat jy nie kan verwag dat jou kinders dinge uit jou perspektief sal sien nie, omdat hulle nie jou lewenservaring het nie. Toe my pa my destyds elke Saterdagoggend my kamer laat skoonmaak het, of toe my ma daarop aangedring het dat ek elke dag vir ten minste ‘n halfuur klavier oefen (albei dinge wat ek destyds gehaat het om te doen), kon hulle nooit die vrug daarvan verduidelik nie, maar daardie dissipline sou baie jare later deel van my karakter vorm.

Net so roep God ons soms om dinge te doen waarvan ons nie hou nie; dinge wat nie vir ons sin maak nie; dinge wat ons net nie wil doen nie. En dis hier waar geloof (of die gebrek aan geloof) ter sprake kom.

Hebreërs 11:8,9 Omdat Abraham geglo het, het hy gehoor gegee toe God hom geroep het om weg te trek na die plek toe wat hy as erfdeel sou ontvang. Hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou uitkom. Omdat hy geglo het, het hy in die beloofde land gaan woon, ‘n vreemdeling in ‘n vreemde land. In tente het hy daar gewoon, en so ook Isak en Jakob wat saam met hom erfgename van dieselfde belofte was,

God het Abraham en sy vrou Sara uit hul ryk, gemaklike bestaan geroep om ‘n onsekere, onmoontlike en baie ongerieflike reis van vyf en twintig jaar te onderneem. Hulle het geen benul gehad waarheen God hulle gaan lei nie, maar hulle het God onvoorwaardelik gehoorsaam en in geloof getrek.

“Geloof” is om God te volg en te gehoorsaam, selfs wanneer dit nie vir ons sin maak nie.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy