Maar Wag, Hier Kom Nog Meer…
We're glad you like it!
Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.
Esegiëi11:19 Ek sal hulle 'n ander hart gee en 'n nuwe gees onder hulle laat posvat, Ek sal die kliphart uit hulle liggaam verwyder en hulle 'n hart van vleis gee.
Soos ek elke nuwe jaar ingaan … wonder ek dikwels wat voorlê. Watter uitdagings sal ek in die gesig moet staar? Sal ek opgewasse vir die taak wees; sal ek aan die verwagtinge wat aan my gestel word, voldoen? Vertel my, hoe gaan dit met jou?
Ons leef in ‘n wêreld wat prestasie beloon. Wanneer jy presteer, word jy beloon. Misluk jy, word jy misken. Dit is soos ‘n koekiedrukker wat van kleins af op jou gedruk word. Dit word dan versterk deur die wyse waarop die wêreld jou behandel, wanneer jy dag na dag na almal se pype moet dans.
Wanneer laas het jy nie daarin geslaag om aan mense se verwagting te voldoen nie? Hoe het hulle gereageer? Sien jy, dis waarvan ek praat!
Ja, ek wil ook graag mense in ag neem, maar weet jy, my hoogste prioriteit is om my lewe op ‘n manier te leef, wat God behaag. Ek wil Hom eer in alles wat ek doen, ek wil mense liefhê en hulle goed behandel. Met my hele hart is dít wat ek in hierdie jaar wat voorlê vir my lewe wil hê. Hoe voel jy daaroor?
Maar nou kom die slagyster! Wanneer dit jou hartsbegeerte is om eerbaar te lewe, is dit maklik om te dink dat jy dit alleen moet doen; dat God, ook soos almal rondom jou, van jou verwag om te presteer… of anders! Maar dit is glad nie hoe dit werk nie, want Hy is ons helper.
Esegiël 11:19 Ek sal hulle ‘n ander hart gee en ‘n nuwe gees onder hulle laat posvat, Ek sal die kliphart uit hulle liggaam verwyder en hulle ‘n hart van vleis gee.
Uit sy groot liefde is Hy die een wat ons ‘n hartsverandering gee, wat sy Gees – die Heilige Gees – in ons plaas om ons te bemagtig om alles te wees wat Hy ons geskep het om te wees. Jy hoef nie alleen te probeer om vir mense, of vir God te behaag nie. Jou grootste bondgenoot is God self.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.