... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moed Bring Vrede

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 16:32-33 Daarop sê Jesus vir hulle: “Glo julle nou? Kyk, daar kom 'n tyd, en dit is nou al hier, dat julle uitmekaar gejaag sal word, elkeen sy eie koers in, en dat julle My alleen sal laat; en tog is Ek nie alleen nie, omdat die Vader by My is. Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.

Listen to the radio broadcast of

Moed Bring Vrede


Download audio file

Weet jy wat ek van Jesus bewonder en waarom ek Hom so liefhet? Ten spyte van die feit dat Hy die Seun van God is, die Skepper van die heelal is en alhoewel Hy geregtig is op soveel meer toewyding van jou en van my, laat Hy ons nie op ons eie voortsukkel nie.

Daardie twaalf dissipels, die manne in sy binnekring, was ‘n onvolmaakte spul. Hulle het Jesus gereeld in die steek gelaat – hulle het gestry, hulle het ‘n gebrek aan geloof openbaar– en toe dit die meeste saakgemaak het, het hulle Hom verlaat.

Maar ten spyte van hulle prestasiegeskiedenis en ten spyte daarvan dat Hy geweet het, dat hulle Hom sou verlaat in daardie laaste, donker ure voor sy kruisiging, het Hy hulle getroos en bemoedig:

Johannes 16:31-33 Daarop sê Jesus vir hulle: “Glo julle nou? Kyk, daar kom ‘n tyd, en dit is nou al hier, dat julle uitmekaar gejaag sal word, elkeen sy eie koers in, en dat julle My alleen sal laat; en tog is Ek nie alleen nie, omdat die Vader by My is. Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.

Dinge was op die punt om nog erger te word. Hulle het Hom gefaal. Hulle sou Hom in die steek laat. (Klink dit bekend?) Maar ten spyte van dit alles, eintlik as gevolg daarvan, het Hy gekies om hulle voor te berei; om hulle aan te moedig en om deur sy moedige voorbeeld, sy vrede aan hulle oor te dra … en dis iets wat Hy vandag nog met sy volgelinge doen.

Dit is die waarheid dat ons Jesus dikwels al gefaal het en dat ons Hom in die toekoms weer en weer in die steek sal laat. Maar ten spyte van ons ontrouheid, seën Hy ons met sy voorbeeld, sy moed en sy vrede.

…maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.