... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moeilike Vrae

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 71:20,21 U het diep nood oor my laat kom, maar U herstel my weer tot lewe. Uit die diep waters van die aarde, uit die doderyk rig U my weer op. U sal my in eer herstel en weereens my vertrooster wees.

Listen to the radio broadcast of

Moeilike Vrae


Download audio file

Wonder jy ooit watter rol God daarin gespeel het wanneer probleme oor jou pad kom? Het Hy per ongeluk daardie probleem misgekyk, of was dit al die tyd deel van sy plan? En indien wel, hoekom het Hy dit laat gebeur?

Ek het myself al dikwels daardie vrae afgevra, want wanneer probleme oor jou toesak, vind jy hoe jy struikel, val en allerhande dinge begin wonder … ag, wat is nou besig om te gebeur? So jy vra dan vir jouself die moeilike vrae.

Gister het ons gesels oor die feit dat God so baie kere dwarsdeur die Bybel van sy nimmereindigende getrouheid en standvastige liefde praat. Hoekom? Omdat dit tyd en eerstehandse ervaring neem vir die werklikheid van sy getrouheid en liefde om deel te word van wie ons is. Ons sal uiteindelik wanneer ons die dag in die moeilikheid is, vrede hê, as ons glo dat Hy ons nooit in die steek sal laat nie en dat Hy ons nooit alleen sal laat nie.

En dit klink asof God se voortdurende vormingsproses, waarskynlik in die psalmis se hart aan die gang was, toe Hy vir God gesê het in:

Psalm 71:20,21 U het diep nood oor my laat kom, maar U herstel my weer tot lewe. Uit die diep waters van die aarde, uit die doderyk rig U my weer op. U sal my in eer herstel en weereens my vertrooster wees.

Hy weet dat God soewerein oor sy probleme en moeilike tye is. Hy erken dat God probleme toegelaat het om te ontstaan. Maar te midde van hulle, het hy die vertroue om te weet dat God hom sal herstel; die vertroue om vir Hom te sê … U het baie krisisse oor my gebring, maar U het my elke keer gered. U het my elke keer uit die kloue van die dood kom haal. U sal my nuwe lewe gee; U sal my help om nog groter dinge te doen. U sal my weer troos

Laat God toe om, wanneer jy onder probleme gebuk gaan, jou te leer om op Hom te vertrou. 

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy