... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie Vergeet Om die Here Te Prys Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 96:1-4 Sing 'n nuwe lied tot eer van die Here, sing tot eer van die Here, almal op aarde! Sing tot eer van die Here, prys sy Naam, verkondig elke dag sy reddingsdade! Vertel die nasies van sy mag, al die volke van sy magtige dade. Die Here is groot, al die lof kom Hom toe, ontsagwekkend is Hy bo alle gode.

Listen to the radio broadcast of

Moenie Vergeet Om die Here Te Prys Nie


Download audio file

Ons gevoelens wissel tussen positief en negatief. Wanneer alles lekker rustig gaan, voel ons goed. Ander kere, wanneer die wind van voor af kom – ek praat nou van toestande van ‘n matige ou windjie tot ‘n kategorie tien stormwind, voel ons nie meer so positief nie.

Daar is somtyds tye wanneer ons sonder enige ooglopende rede voel asof ons wil ontplof! Dinge bekruip ons sonder dat ons dit besef. Uitbranding; ‘n kernverhouding wat besig is om uit te rafel; of die daaglikse sleur wat jou absoluut uitmergel. Ja, ons gevoelens ry wipplank, of hoe?

En dit maak nie saak waar jy op hierdie oomblik op die welstandspektrum is nie, daar is een ding – miskien die beste oplossing van almal – wat vir jou (en vir my) so maklik is om van te vergeet:

Psalm 96:1-4 Sing ‘n nuwe lied tot eer van die Here, sing tot eer van die Here, almal op aarde! Sing tot eer van die Here, prys sy Naam, verkondig elke dag sy reddingsdade! Vertel die nasies van sy mag, al die volke van sy magtige dade. Die Here is groot, al die lof kom Hom toe, ontsagwekkend is Hy bo alle gode.

Daar het jy dit. Ons vergeet van dié een groot ding wat ons moet doen: Ons moet die Here loof. Die woorde kan maklik sommer net as ‘n cliché gebruik word – prys die Here broer, prys die Here suster! Maar dis soveel meer as ‘n terloopse stelling.

Wanneer ons die Here se Naam grootmaak, wanneer ons  Hom loof en prys, vul Hy ons harte met soveel meer vertroue en vreugde as wat ons ooit kan verwag. Kom ons getuig gereeld; kom ons vertel mense van die groot dinge en die wonderlike dinge wat Hy in ons lewe gedoen het!

Sing ‘n nuwe lied tot eer van die Here, sing tot eer van die Here, almal op aarde.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.