... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie Vergeet om te Rus Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Genesis 2:1-3 So is die skepping van die hemel en die aarde en alles wat daarin is, voltooi. Op die sewende dag was God klaar met alles wat Hy gemaak het en Hy het op die sewende dag na al sy werk gerus. God het ook die sewende dag geseën. Hy het bepaal dat dit afgesonder moet word van die ander dae omdat Hy op daardie dag gerus het nadat Hy sy skeppingswerk gedoen het. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Moenie Vergeet om te Rus Nie


Download audio file

Vandag is die tweede Sondag van die jaar. Kan jy dit glo? Ons dink nie eintlik so daaraan nie, want voor ons onsself kan kry, begin die weke mekaar so vinnig opvolg dat die een week sommer oorloop in die volgende een… Maar kom ons staan vandag net stil en dink aan wat op die Sondae vir die res van die jaar vir ons voorlê.

Sondag is ‘n spesiale dag van die week – op die meeste plekke is dit ‘n rusdag. Ek weet waar ek woon, lyk Saterdagoggende of al wat bek en pote het op straat is. Maar Sondagoggend wanneer ek kerk toe ry, is die meeste strate amper leeg.

Watter dag jy ook al kies as jou rusdag – ‘n Sondag of ‘n ander dag volgens jou werkskedule – laat ek jou die volgende vra: neem jy werklik ‘n rusdag of ‘n naweek?

Ek het iets ontstellend opgemerk: daar is baie mense wat blykbaar opgehou het om te rus. Hulle is dalk tuis, maar ‘die werk’ verwag dat hulle op e-posse, boodskappe en oproepe sal reageer asof dit ‘n werksdag is. En dis ‘n baie slegte ding; nie net op liggaamlike nie, maar ook op emosionele en sielkundige vlak; om nie eers te praat van die sosiale aspekte wat skade ly nie!

Genesis 2:1-3 So is die skepping van die hemel en die aarde en alles wat daarin is, voltooi. Op die sewende dag was God klaar met alles wat Hy gemaak het en Hy het op die sewende dag na al sy werk gerus. God het ook die sewende dag geseën. Hy het bepaal dat dit afgesonder moet word van die ander dae omdat Hy op daardie dag gerus het nadat Hy sy skeppingswerk gedoen het. (NLV)

Moenie vergeet om te rus nie!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy