... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Buitengewone Lot

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Genesis 41:41,42,44 Die farao het verder nog vir Josef gesê: “Kyk, ek stel jou aan oor die hele Egipte.” Toe haal die farao sy seëlring af en steek dit aan Josef se vinger. ...Toe het die farao vir Josef gesê: “Ek bly die farao, maar sonder jou toestemming mag niemand in Egipte 'n vinger verroer of 'n voet versit nie.”

Listen to the radio broadcast of

‘n Buitengewone Lot


Download audio file

Het jy al ooit die moontlikheid oorweeg dat God jou deur al jou swaarkry voorberei vir iets buitengewoons? Miskien is dit moeilik vir jou om só daaraan te dink terwyl dinge swaar gaan.

Josef is een van die belangrikste karakters van die Ou Testament. Sy broers was so jaloers op hom dat hulle hom wou doodmaak. Hulle het hom in ‘n put gegooi, maar op die ou end het hulle hom toe vir twintig silwerstukke in slawerny aan Ismaelitiese handelaars verkoop.

Hy is as ‘n slaaf in boeie na Egipte geneem, waar het hy valslik van verkragting beskuldig is en jare lank in die tronk weggekwyn het. Maar elke keer wanneer die lewe hom onregverdig en wreed behandel het, het Josef net aangehou om goed te doen; hy het aangehou om sy natuurlike gawes en vermoëns tot God se eer te gebruik.

En, soos die spreekwoord sê, die goeie wyn het nie ‘n kransie nodig nie. Die mense rondom hom het sy vaardigheid en sy goedheid gesien … en God het dit ook gesien. Hy was besig om Josef vir ‘n buitengewone rol voor te berei, want ons lees in:

Genesis 41:41,44 Die farao het verder nog vir Josef gesê: “Kyk, ek stel jou aan oor die hele Egipte.” Toe haal die farao sy seëlring af en steek dit aan Josef se vinger… Toe het die farao vir Josef gesê: “Ek bly die farao, maar sonder jou toestemming mag niemand in Egipte ‘n vinger verroer of ‘n voet versit nie.”

C.S. Lewis het beweer dat swaarkry dikwels gewone mense voorberei vir ‘n buitengewone rol. Nouja, miskien sal jy nie Eerste Minister van Egipte word nie, maar laat ek jou ‘n geheim vertel, jou beste jare lê nog voor.

In die aangesig van alles wat jy beleef, hou net aan om goed te doen, want God maak jou dalk gereed vir iets buitengewoons.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.