‘n Goeie Storie
We're glad you like it!
Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.
Markus 4:10,13 Toe Hy alleen was, het die omstanders saam met die twaalf Hom uitgevra oor die gelykenisse En Hy sê vir hulle: “Begryp julle nie hierdie gelykenis nie? Hoe sal julle dan al die gelykenisse verstaan? (AFR20)
Ons hou van ‘n goeie storie, veral wanneer ons onsself daarmee kan vereenselwig en as dit ons êrens diep binne-in raak. Daarom pink ons somtyds ‘n traan wanneer ons na ‘n film kyk.
Ek het al na droë preke, wat klink asof dit direk uit ‘n handboek aangehaal word, geluister. Maar aan die anderkant het ek al prediking gehoor, wat prakties is en God vir my ‘n realiteit maak. Ek is seker jy het dit ook al beleef, en jy hoef nie ‘n genie te wees om uit te vind watter een die beste werk nie.
Jesus het baie van sy prediking gedoen deur middel van stories oor boere en graan en sade, lampe en troues. Dit moes vir die skare vreemd geklink het, in vergelyking met preke wat hulle in die plaaslike sinagoge gehoor het – amper ontheiliging vermoed ek. En soms het hulle nie eers sy boodskap verstaan nie.
In Markus 4:10,13 lees ons: Toe Hy alleen was, het die omstanders saam met die twaalf Hom uitgevra oor die gelykenisse.
En Hy sê vir hulle: “Begryp julle nie hierdie gelykenis nie? Hoe sal julle dan al die gelykenisse verstaan? (AFR20)
Jesus het hierdie gelykenis aan sy binnekring verduidelik, maar die res van die skare is net so verward soos hierdie paar dissipels huis toe.
Jy kan jouself indink in die gesprekke daardie aand om die etenstafel, “Wat dink jy het Hy daarmee bedoel?” “Wel, ek dink dat …” So het hulle Jesus se woorde herkou en dit verteer, totdat die waarheid van wat Hy gesê het, tot hulle deurgedring het.
Party dae lyk dit asof God se Woord nie veel sin maak nie, en daarom gee ons al te maklik moed op.
Maar daar is ‘n alternatief. Praat daaroor, kou dit, vra vrae … en voordat jy weet, sal die waarheid duidelik word.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.