‘n Sterk Vennootskap
We're glad you like it!
Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.
Spreuke 16:9 ’n Mens beplan sy koers, maar die Here bepaal sy bestemming.
Spanwerk vorm deesdae die spil waarom baie dinge draai. Dis die proses waarin mense met verskillende perspektiewe, vaardighede en ervarings ‘n gemeenskaplike doelwit het, en saamwerk om dit te bereik. Mense kan soveel meer sáám bereik, as wat hulle op hulle eie kan.
Dit kan soms moeilik wees om saam met ander mense te werk, ja, kom ons erken dit maar; party mense kan ‘n pyn in die nek wees! Maar dit is ‘n absolute feit: spanne het die vermoë om oneindig meer as individue te bereik.
Vandag kyk, luister, of lees jy hierdie VARS-boodskap in een van ‘n dosyn tale deur ‘n magdom verskillende mediakanale in 160 lande. Dit word net moontlik gemaak deur die harde werk van ‘n wonderlike span mense dwarsdeur die wêreld wat saamwerk.
Nouja, konflik ontstaan soms – gelukkig nie baie dikwels in ons span nie. Maar weet jy al daardie verskillende perspektiewe en vaardighede help dat ‘n mens uiteindelik (a) baie minder foute maak, báie minder foute, en (b) om baie beter resultate te lewer. Stel jou dus voor wat sal gebeur as jy God in jou span het.
Nee, wag, dis heeltemal die verkeerde manier om daarna te kyk. Stel jou voor dat jy in God se span is! Dit voel baie beter, nè? Wel, dit is presies wat God in gedagte het:
Spreuke 16:9 ’n Mens beplan sy koers, maar die Here bepaal sy bestemming.
Het jy al ooit saam met ‘n klomp mense om ‘n tafel gesit en iets beplan? Dit is nogal pret, nè. Maar verbeel jou net as God daar was in die beplannings- en in die uitvoeringsfase van jou projek; as God jou die hele pad gelei het. Hoeveel beter sou dit nie gewees het nie?!
Moenie nou terugsit en niks doen nie; beplan steeds wat jy wil doen, maar maak plek vir God om jou elke tree van die pad te lei.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.