... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Neem jou Sabbatsrus

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 2:27,28 Toe sê Hy vir hulle: “Die Sabbat is daar ter wille van die mens – nie die mens ter wille van die Sabbat nie. 28Daarom het Ek, die Seun van die Mens, seggenskap ook oor die Sabbat.”

Listen to the radio broadcast of

Neem jou Sabbatsrus


Download audio file

Welkom by Saterdag, die dag waarop God sy volk beveel het om te rus. Die sabbat, of Shabbat in Hebreeus, duur van sononder Vrydag tot sononder Saterdag.

Daardie woord, Shabbat, word gewoonlik as ‘rus’ vertaal. Maar miskien is dit ‘n meer akkurate vertaling om te sê ‘om op te hou werk’; die staking van aktiewe arbeid op die laaste dag van die week. Ek is mal daaroor dat Shabbat Vrydagaand al begin.

Vrydagaande is vir my ‘n spesiale tyd. Trouens, dit is my gunsteling tyd van die week. Na ‘n harde en bevredigende week se werk – werk in die bediening wat vir my groot vreugde en vervulling bring, maar nietemin harde werk behels – is dit so ‘n spesiale gevoel om te kan terugstaan; op te hou met werk en ‘n bietjie te rus.

Nouja, daardie patroon werk nie vir almal nie, ek verstaan dit. Maar elkeen van ons het minstens een rusdag per week nodig, verkieslik twee.

Destyds het die godsdienstige leiers, skynheiliges wat hulle was, Jesus aangeval omdat hy toegelaat het, dat sy dissipels eenkeer op ‘n Sabbat by ‘n oop veld, graan pluk om te eet. Maar Jesus het geantwoord:

Markus 2:27,28 Toe sê Hy vir hulle: “Die Sabbat is daar ter wille van die mens – nie die mens ter wille van die Sabbat nie. Daarom het Ek, die Seun van die Mens, seggenskap ook oor die Sabbat.”

Met ander woorde, God het ‘n dag bepaal wat opsy gesit moet word sodat ons kan ophou met ons arbeid … hoekom? Om ons te help. Hy gee dit as ‘n seën vir ons. God het vir jou ‘n Shabbatrus geskep. Moenie dit verkwis nie. Kies elke week ‘n dag en hou op om te werk.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.