... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Om Raad van ‘n Gevangene te Aanvaar

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Efesiërs 4:2 Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde.

Listen to the radio broadcast of

Om Raad van ‘n Gevangene te Aanvaar


Download audio file

As iemand vir jou ‘n brief met raad oor hoe jy moet lewe, uit ‘n tronk skryf, sal jy daardie raad aanvaar? Ek dink dit hang af… maar jy sal skepties wees, nè?

Die meeste gevangenes voel desperaat terwyl hulle hul onskuld in die beskuldigde-bank bepleit. Dink net aan die vrese wat hulle moet beleef: die fisiese gevaar van geweld van ander gevangenes in ‘n tronk en die moontlikheid van maande en jare in gevangenisskap… So, enige raad wat gevangenes vir jou kan gee, klink nie na betroubare raad nie, nè?

En wat van die apostel Paulus? Hy was onregverdig in die tronk gestop, bloot omdat hy die Goeie Nuus van Jesus Christus verkondig het. Al was hy geruime tye in die tronk, lang tye daarvan in die dodesel, klink sy brief nie soos die brief wat ‘n mens van ‘n gevangene sou verwag nie!

Hy het nooit een keer gekla toe hy die aan die wagte vasgeketting was nie. Hy het nie gekla oor die haglike lewensomstandighede en die verskriklike onreg nie. In plaas daarvan het hy briewe vol goddelike wysheid geskryf. Ja, Paulus het amper die helfte van die boeke van die Nuwe Testament geskryf. Hy gee raad soos hierdie in:

Efesiërs 4:2 Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde.

Dit moes baie gekos het vir iemand in sy situasie, om so iets te skryf! Jy kan seker insien dat die Heilige Gees beslis baie hard in sy hart gewerk het?

En my vriend, wanneer ons verneder voel; wanneer ons in ‘n moeilike situasie is; wanneer ander mense ons seermaak – sal dit beslis ook die krag van die Heilige Gees van ons vra om ‘n gevangene soos Paulus se raad te volg!

Hopelik sal ek en jy nooit in ‘n situasie soos Paulus s’n wees nie. Maar moenie jouself bluf nie, jy sal ook probleme ervaar. So, wanneer die lewe nie maklik is nie, vertrou die leiding van die Heilige Gees. Want jy gaan sy krag nodig hê om:

Met totale beskeidenheid en sagmoedigheid, ja, met geduld mekaar in liefde te verdra. (NLV)

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.