... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Ondersoek God se Woord

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Hebreërs 4:12,13 Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart. Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor sy oë. En aan Hom moet ons rekenskap gee.

Listen to the radio broadcast of

Ondersoek God se Woord


Download audio file

Het jy al ooit gewonder hoekom jy sukkel met die dinge waarmee jy sukkel? Dit lyk asof mnr en mev Super Christen daar oorkant, hulle hele lewe agtermekaar het. Ek? Wel, jy weet …

Ons vergelyk ons en voel dat hulle beter as ons is, maar ons is heeltemal onkundig oor die dinge waarmee hulle worstel. En tog, is daar tye wanneer ons self ons eie lot erger maak, bloot deur weg te dwaal van God af en weg te dwaal van sy Woord. Ons mislei onsself deur te besluit dat ons beter weet en dat ons mislukkings ons nie regtig seermaak nie; dat hulle geen gevolge het nie.

Tog is daardie selfbedrog ‘n instrument in die hande van Satan om ons lewens te beroof van die rykdom wat God aan ons wil skenk. Maar weet, daar is net een pad terug:

Hebreërs 4:12,13 Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart. Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor sy oë. En aan Hom moet ons rekenskap gee.

Jack Wellman, ‘n Christelike pastoor som daardie twee verse so op: Wanneer jy die Woord van God ondersoek, ondersoek die Woord van God jou. En hierdeur, lê God die selfbedrog bloot, die sonde waardeur die duiwel ons lewens verwoes. God se doel is om ons vry te maak; om sy liefde aan ons te bewys en om ons nader aan Hom te trek, as wat ons ooit gedink het moontlik sal wees.

Moenie die Woord van God verwaarloos nie. Dit het die vermoë om jou te verander.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.