... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Onverdiende Liefde

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 73:21-24 Ek was verbitterd in my hart en verskeurd in my binneste. Ek was dwaas en onnosel; ek was dom soos ’n dier voor U. Tog is ek nog altyd by U; U hou my regterhand vas. U lei my met u raad, daarna sal U my opneem en in heerlikheid ontvang. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Onverdiende Liefde


Download audio file

Die toppunt van liefde is beslis die liefde wat ons ontvang, wanneer ons dit die minste verdien. Die liefde wat jy kry wanneer iemand jou nie verwerp wanneer jy bitter is nie; en jou ondersteun wanneer jy sleg en onredelik optree.

Ja, my vriend, ons was almal al bitter. Ons het ons beslis ook dikwels sleg gedra. Ons was almal al haatdraend. En soos ek gister gesê het, die bitterheid in ons siel oor die slegte dinge wat met ons gebeur het en die slegte gedrag wat gevolg het, is eenvoudig nie die moeite werd nie.

Nee, jy weet dit baie goed, maar om jouself uit daardie negatiewe emosies los te skeur, is nie altyd maklik nie. Soms is dit heeltemal onmoontlik. Wat jy nodig het, is iemand wat jou in daardie situasie, wanneer jy dit nie verdien nie, sal liefhê. Iemand om by jou te wees en om jou hand vas te hou wanneer jy onredelik is.

Kyk wat sê die psalmis wanneer hy met God praat in:

 Psalm 73:21-24 Ek was verbitterd in my hart en verskeurd in my binneste. Ek was dwaas en onnosel; ek was dom soos ’n dier voor U. Tog is ek nog altyd by U; U hou my regterhand vas. U lei my met u raad, daarna sal U my opneem en in heerlikheid ontvang. (NLV)

Asaf, wat die Psalm geskryf het, was verbitterd, en hy het verontreg en hopeloos gevoel. Hy het hom soos ‘n redelose dier teenoor God gedra. Dit is nogal ‘n stewige lys van negatiewe emosies nè? Maar ten spyte van sy reaksie … het God hom nooit verlaat nie, in plaas daarvan, het Hy sy regterhand vasgehou, hom gelei, hom raad gegee en nadat Hy hom deur dit alles gelei het, het God hom in sy heerlikheid ontvang.

Dit my vriend, is die absolute toppunt van liefde, dieselfde liefde wat God vir jou in jou donkerste uur het. Hy sal jou nooit verlaat of in die steek laat nie. Hy sal jou deur dit alles lei tot in sy heerlikheid.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy