... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Roep Tot God

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 86:5 U is goed, Here, U vergewe altyd weer, U is getrou teenoor dié wat na U roep om hulp.

Listen to the radio broadcast of

Roep Tot God


Download audio file

Het jy al ooit ervaar dat jy iemand vir wie jy lief is, so seergemaak het, dat jy jou nie kan indink hoe jy jouself daarvoor gaan vergewe nie? Jy kan nie glo dat hierdie verhouding die pyn sal oorleef nie. En dan … dan vergewe daardie persoon jou…

Wanneer iemand jou vergewe vir iets wat jy weet onvergeeflik is, en beslis behóórt te wees; is daardie gevoel van kwytskelding, van herstel, van vryheid, baie moeilik, nee dit is onmoontlik om dit te beskryf. Daar is nie woorde nie. Maar jy ís vergewe.

Ek het gehoor hoe die bekende Hollywood-akteur Denzel Washington onlangs hulde aan sy vrou, Pauletta, gebring het. Heeltemal oorstuur en met trane in sy oë, was een van die dinge wat hy gesê het: “Ek het vir veertig jaar, ten spyte van my swak gedrag, haar vergifnis ervaar.”

Vergifnis is die toppunt van liefde. Vergifnis is liefde in die oortreffende trap. Die psalmis vertel van God se vergifnis in:

Psalm 86:5 U is goed, Here, U vergewe altyd weer, U is getrou teenoor dié wat na U roep om hulp.

Soos die 19de eeuse Amerikaanse pastoor, Horace Bushnell, dit gestel het, “Vergifnis is ons diepste behoefte en God se wonderlikste prestasie.”

En daardie prestasie het plaasgevind aan ‘n kruis op ‘n heuwel buite Jerusalem, toe die Seun van God daaraan vasgespyker is. Dié dag toe Hy betaal het vir my en jou sonde, deur aan God se standaard van geregtigheid te voldoen; sodat ons, deur in Jesus te glo, vergewe kan word.

Dit maak nie saak wat jy gedoen het nie, wanneer jy Jesus as jou Verlosser aanneem en dít wat Hy deur sy dood vir jou gedoen het, aanvaar, sal God in jou grootste behoefte, voorsien. Hy sal jou vergewe.

Want U is goed, Here, U vergewe altyd weer, U is getrou teenoor dié wat na U roep om hulp.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.