... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Van Voor Tyd Begin Het

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 1:1-5 In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.

Listen to the radio broadcast of

Van Voor Tyd Begin Het


Download audio file

Wel, Kersfees is net om die draai. Is jy opgewonde? Nou ja, ongelukkig is dit vir baie volwassenes net nog ‘n Kersfees, terwyl die kinders opgewonde fokus op die gedagte om geskenke te ontvang,

Nou ja, ons weet dat Jesus beslis nie in die laaste week van Desember gebore is nie. Die skaapwagters sou beswaarlik in die nag, in die middel van ‘n Israelse winter, hul kuddes buite in die veld opgepas het.

Maar kom ons kyk uit ‘n ander perspektief hierna. Die dag en die datum is nie die belangrike saak nie, wat wel vir ons lewensbelangrik is, is die feit dat Jesus na hierdie wêreld gestuur is om ons van ons sonde te red. Hy het die prys kom betaal vir ons rebellie teen God. Hy het ook al die pyn en lyding as gevolg van die dinge wat ons, en ander, gedoen het om ons lewens en ons wêreld te verwoes, op Hom geneem. Sy dood is ‘n ewige plan. God het dit reeds voor die grondlegging van die wêreld, voor tyd begin het, so beplan.

Johannes 1:1-5 In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie ‘n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.

Die apostel Johannes verwys na Jesus as “die Woord” – ons God wat met ons praat. So, onthou jy daar in Genesis hoofstuk een die heel eerste ding wat God geskape het? God het gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig.

En Jesus het gekom om die Lig van hierdie wêreld te wees, vir jou wêreld! Hy het sy Lig oor jou lewe kom skyn. ‘n Lig wat in die duisternis skyn, ‘n Lig wat die duisternis nie kan verdring nie. Dis Kersfees. En …

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy