... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Verootmoedig Jouself Voor God

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Filipense 2:10,11 Só sal by die noem van Jesus se heerlike Naam elke knie in die hemel en op die aarde en onder die aarde buig, en elke tong sal bely: “Jesus Christus is Here!” En só sal God die Vader verheerlik word! (NLK)

Listen to the radio broadcast of

Verootmoedig Jouself Voor God


Download audio file

Elke nou en dan praat God deur die een of ander skynbaar onbenullige gebeurtenis met ons. Dit kan ‘n piepklein dingetjie wees, maar sy boodskap kom op ‘n magtige en onpeilbare manier na ons toe. Die einste ding het onlangs met my gebeur.

Ek moes ‘n vliegrit op pad huis toe na ‘n lang vlug, in Tokio onderbreek, en ek het ‘n taxi na my hotel geneem. Ek het ‘n onnosel fout begaan. Ek het aan die taxibestuurder die verkeerde adres gegee. Met ons aankoms by die verkeerde hotel, was daar natuurlik geen bespreking in my naam nie. Die vriendelike ontvangsklerk het die misverstand uitgepluis, my gevra om te gaan sit en vir my ‘n ander taxi bestel om my hierdie keer na die regte hotel te neem.

Toe die taxi aankom, het daardie ontvangsklerk my vergesel, vir die bestuurder die korrekte adres gegee (want ek praat nie ‘n woord Japannees nie) en my tasse agter in die bagasieruim gelaai. Maar hier is die ding wat my werklik aangeraak het: toe ons uitry, het daardie jong man op die sypaadjie gestaan, hy het uit respek só laag vir my gebuig, dat dit trane in my oë gebring het.

Ek was nie eers ‘n betalende kliënt nie. Hy sou my nooit weer sien nie. Ek was ‘n totale onbelangrike persoon vir hom, maar tog het hy my op hierdie manier vereer. En op daardie oomblik het ek myself afgevra … of dit die nederige prentjie van my lewe is, of nie? Is dit wat God sien as Hy na my kyk … of nie?

Filippense 2:10,11 Só sal by die noem van Jesus se heerlike Naam elke knie in die hemel en op die aarde en onder die aarde buig, en elke tong sal bely: “Jesus Christus is Here!” En só sal God die Vader verheerlik word! (NLK)

Die lewe wat Jesus eer, is die lewe wat verkondig dat Hy die Here is.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy