Wie se Kind Is Jy?
We're glad you like it!
Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.
1 Johannes 3:9,10 Iemand wat 'n kind van God is, doen nie meer sonde nie, omdat die Gees van God in hom bly; en hy kan nie meer sondig nie, omdat hy uit God gebore is. Hiéraan is dit duidelik wie kinders van God en wie kinders van die duiwel is: iemand wat nie regverdig lewe nie en nie sy broer liefhet nie, behoort nie aan God nie.
Hoe jy leef en hoe jy mense behandel, vertel baie van jou – eintlik vertel dit alles – oor wie jy is en wat jy glo. Vra jouself: Hoe leef ek? Hoe behandel ek ander mense?
Een van die dinge waaroor ek myself dikwels verwyt, is dat ek nie meer na my ouers geluister het toe ek jonk was nie. Ek kon so baie uit hulle wysheid geleer het en gouer daarvolgens geleef het. Ja, ek kon soveel foute vermy het en soveel minder van die negatiewe gevolge gely het.
Weet jy, dat die ding wat my die meeste oggende vroeg uit die bed laat opstaan om hierdie VARS-boodskappe vir jou en talle ander mense voor te berei, is om jou te help om die foute wat ek gemaak het, te vermy. En dit kan ek nie doen deur enigiets intelligent wat ek kan uitdink nie; ek bring dit vir jou in die krag van die Heilige Gees om God deur sy Lewende Woord met jou te laat praat.
Kyk wat staan in:
1 Johannes 3:9,10 Iemand wat ‘n kind van God is, doen nie meer sonde nie, omdat die Gees van God in hom bly; en hy kan nie meer sondig nie, omdat hy uit God gebore is. Hiéraan is dit duidelik wie kinders van God en wie kinders van die duiwel is: iemand wat nie regverdig lewe nie en nie sy broer liefhet nie, behoort nie aan God nie.
My vriend, ek smeek jou vandag, luister na jou Vader in die Hemel. Gaan na God, praat met Hom en laat Hom toe om jou te help om die sonde in jou lewe vir eens en vir altyd te hanteer. Leef jou lewe deur sy genade, deur sy krag en as sy kind en nie as ‘n kind van die duiwel nie.
Dis reg! Hoe jy leef, sê alles oor wie se kind jy is.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.