... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Aan Boord van die Titanic

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 16:15,16 Hy het vir hulle gesê: “Gaan uit, die hele wêreld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom. Wie tot geloof gekom het en gedoop is, sal gered word; wie nie glo nie, sal veroordeel word

Listen to the radio broadcast of

Aan Boord van die Titanic


Download audio file

Jy ken ongetwyfeld die storie van die Titanic. Toe sy op 10 April 1912 te water gelaat is, is gesê dat sy nie kan sink nie. Sy was op daardie stadium die grootste passasierskip. Maar sy was slegs vyf dae op haar eerste vaart toe sy ‘n ysberg getref en gesink het.

Van die geraamde 2 224 passasiers en bemanning van die Titanic het meer as 1 500 gesterf. Dit was op daardie tydstip die grootste maritieme ramp in vredestyd. Daar was op daardie noodlottige vaart mense van verskillende vlakke van die samelewing aan boord – die rykes en die beroemdes en die hoogs opgevoede lot in die eerste klas kajuite; tot by die ongeletterdes en die armes in die tussendek.

Maar toe hulle, nadat die Titanic daardie ysberg getref en gesink het die passasierslys in die Royal Cunard-kantoor in New York bekendgemaak het, was daar net twee klasse – die wat verlore is en die wat gered is.

Daar is ‘n veel groter ramp wat vandag regoor die wêreld ontvou. Dit maak nie saak hoe ryk en suksesvol, of aan die anderkant hoe eenvoudig, doodgewoon of arm ons mag wees nie, die realiteit is dat daar vandag ook net twee klasse is: die verlorenes en die gereddes.

Markus 16:15,16 Hy het vir hulle gesê: “Gaan uit, die hele wêreld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom. Wie tot geloof gekom het en gedoop is, sal gered word; wie nie glo nie, sal veroordeel word.

Dit is die woorde van Jesus self. En die rede waarom ek vandag hierdie boodskap met jou deel, is omdat sy opdrag aan sy dissipels was, om sy Goeie Nuus aan almal in die hele wêreld te gaan vertel. En weet jy, daardie mense sluit jou in.

Glo in Jesus. Gee jou lewe volkome in sy hande. Kom terug, as jy van Hom af weggedryf het. Want op die ou end is daar slegs twee klasse: die verlorenes en die gereddes. Hy wil hê jy moet gered word. Vertrou op Hom.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.