... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Begryp die Onbegryplike

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Efesiërs 3:18,19 Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God.

Listen to the radio broadcast of

Begryp die Onbegryplike


Download audio file

Kyk jy ooit op na die uitgestrektheid van die naghemel en verwonder jy jou aan die ontelbare sterre daar bo? En ons weet hulle is net die kleinste fraksie van die triljoen triljoene sterre in die bekende heelal. Hoe kan blote sterflinge soos ek en jy sulke onbegryplike getalle begryp?

Om tot een triljoen te tel (een sekonde op ‘n slag sonder ‘n pouse) sou immers byna 32 000 jaar neem. Onmoontlik! En nou praat ons van ‘n triljoen, triljoene? Ag nee, man, dis totaal ondenkbaar!

Dit is wat die apostel Paulus sowat tweeduisend jaar gelede aan sy vriende in Efese geskryf het. Dink net: as jy van ‘n triljoen begin terugtel het toe Paulus daardie woorde geskryf het, sou jy steeds net een sestiende daarvan afgetel het!

Efesiërs 3:18,19 Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God.

Christus se liefde is groter as wat enigiemand ooit kan weet, maar ek bid dat jy daardie liefde sal kan ontdek. Dit is waar jy gevul word met die wonder van al die wonderbaarlike dinge waarmee God jou wil seën.

Sien jy die teenstrydigheid? Ek bid dat jy die krag sal hê om die grootheid van Christus se liefde te verstaan, maar Christus se liefde is liefde wat ons verstand te bowe gaan; groter as wat enige iemand ooit kan weet … maar ek bid steeds dat jy daardie liefde sal kan ken.

Hierdie onbegryplike grootheid van God se liefde vir jou in Jesus Christus – die Een wat vir jou gesterf en opgestaan het – is wat Hy wil hê jy moet glo. Mag jou hart, jou verstand, jou wese, heeltemal oorweldig word deur daardie liefde, sy liefde.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.