... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Here Sal By Jou Wees

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Timoteus 4:16-18 Toe ek die eerste keer voor die regter gebring is, was daar niemand by my nie. Almal het my verlaat. Ek hoop nie dit sal teen hulle tel nie! Maar die Here het my bygestaan en my krag gegee om die Goeie Nuus in al sy volheid te verkondig sodat al die nie-Joodse nasies dit kan hoor. En Hy het my van ’n gewisse dood gered. Ja, en die Here sal my verlos van enige kwaad en my veilig in sy hemelse koninkryk bring. Aan God kom die heerlikheid toe, vir ewig en ewig. Amen. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Die Here Sal By Jou Wees


Download audio file

Om elke dag te leef om God te eer en Jesus te volg waarheen Hy jou ook al mag lei, en om jouself af te sonder van die boosheid, wat die wêreld as die norm in hierdie “verligte era” waarin ons leef, beskou, kan ‘n eensame reis wees om te onderneem.

Daardie sosiale en morele eensaamheid behoort nie vir jou onverhoeds te betrap nie, want wanneer jy God te midde van die verlorenheid van hierdie wêreld dien, swem jy voorwaar stroom-op. En weet jy, daar is absoluut niks nuuts daaraan nie.

In die jare wat gevolg het op die dood, opstanding en hemelvaart van Jesus, toe die Christendom uit Judaïsme ontstaan het – het baie mense dit heeltemal as onvanpas beskou om die “Evangelie,” die goeie nuus van Jesus, met die heidene te deel. Die Jode was immers God se uitverkore volk.

Maar die apostel Paulus is geroep om die Goeie Nuus van Jesus met daardie heidense mense te deel. Hier is hoe dit gebeur het:

2 Timoteus 4:16-18 Toe ek die eerste keer voor die regter gebring is, was daar niemand by my nie. Almal het my verlaat. Ek hoop nie dit sal teen hulle tel nie! Maar die Here het my bygestaan en my krag gegee om die Goeie Nuus in al sy volheid te verkondig sodat al die nie-Joodse nasies dit kan hoor. En Hy het my van ’n gewisse dood gered. Ja, en die Here sal my verlos van enige kwaad en my veilig in sy hemelse koninkryk bring. Aan God kom die heerlikheid toe, vir ewig en ewig. Amen. (NLV)

Moet dus nie verbaas wees wanneer jy eensaam voel omdat jy stil, rustig en vriendelik, in gehoorsaamheid jou geloof in Jesus uitleef nie. En mense mag jou ook vermy wanneer jy tyd saam met sondaars deurbring, om God se liefde met hulle te deel, sonder om hulle gedrag goed te keur. Maar moenie bang wees nie. Die Here sal jou tot aan die einde toe beskerm.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.