... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Krag is die Bewys

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 2:3-5 Ek het na julle gekom in swakheid – angstig en vol huiwering. My boodskap en my prediking was bitter eenvoudig. Ek het julle nie probeer oorreed deur geleerde welsprekendheid nie, maar deur die Heilige Gees wat kragtig onder julle gewerk het. Dit het ek gedoen sodat julle geloof nie sou berus op menslike geleerdheid nie, maar op die krag van God.(NLV)

Listen to the radio broadcast of

Die Krag is die Bewys


Download audio file

Het jy al ooit ondervind hoe moeilik dit is om net ‘n enkele slegte gewoonte af te leer? Om byvoorbeeld op te hou rook, om jou woede te hanteer of om van die negatiewe selfspraak wat jou brein vernietig en jou hart vergiftig, ontslae te raak? Wat dit ook al mag wees, daardie slegte gewoontes wil net nie hulle greep op jou los nie.

Die afgelope week het ons gesels oor die omvang van God se liefde vir ons, deur Jesus te stuur om aan die Kruis te sterf om vir jou en my sonde te betaal. Vir baie mense maak dit nie sin nie. Vir ander lyk dit selfs dwaas.

En tog is daar geen groter bewys van liefde in die hele menslike geskiedenis as dít wat die Seun van God gedoen het nie. Hy  het, deur aan ‘n kruis te sterf – iets wat Hy nie verdien het nie – die skuld betaal; skuld ek en jy nooit sou kon betaal nie.  

Maar waar is die bewys daarvoor? Hoe weet ons dis waar? Hoe weet ons dat dit eintlik werk? Wel, kom ons kyk wat die apostel Paulus aan die 1ste eeuse kerk in Korinte geskryf het in:

1 Korintiërs 2:3-5 Ek het na julle gekom in swakheid – angstig en vol huiwering. My boodskap en my prediking was bitter eenvoudig. Ek het julle nie probeer oorreed deur geleerde welsprekendheid nie, maar deur die Heilige Gees wat kragtig onder julle gewerk het. Dit het ek gedoen sodat julle geloof nie sou berus op menslike geleerdheid nie, maar op die krag van God. (NLV)

Op soek na bewyse? Die bewys lê in die krag. Nie in enigiemand se geleerde prediking nie. Nie in woorde nie. Nie omdat ek so sê of selfs omdat die Bybel so sê nie. Maar omdat Hy, wanneer jy jou vertroue in Jesus plaas, sy krag gee om jou te help om in oorwinning oor jou slegte gewoontes te leef – om jou vry te maak van jou sonde.

Plaas jou vertroue in Jesus Christus. Die bewys lê in die krag.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy