... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Dien God met jou Hele Hart

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Kronieke 28:9 En jy, Salomo, my seun, jy moet die God van jou vader ken en Hom dien met jou hele hart en met 'n gewillige gemoed, want die Here ondersoek alle harte en ken die bedoeling van elke gedagte. As jy na Hom vra, sal Hy Hom deur jou laat vind, maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verwerp.

Listen to the radio broadcast of

Dien God met jou Hele Hart


Download audio file

Het jy al ooit beleef hoe iemand iets teen sy sin vir jou doen? Dit beroof jou op die plek van die vreugde van wat hulle gedoen het, want hulle het dit nie met ‘n gewillige hart gedoen nie.

Maar weet jy, ons kan ons ook daaraan skuldig maak? Ons kan dalk doen wat van ons gevra word, maar dan kla ons daaroor. Dis nie regverdig nie. Ek behoort nie verplig te wees om dit te doen nie!

Baie jare gelede toe ek aan die Bybelkollege begin studeer het, moes ons tussen lesings verskillende take verrig. Elkeen het sy taak gekry; en, alhoewel ek gebid het: “Here, moet asseblief nie vir my die toilette gee om skoon te maak nie” … Ja, jy het reg geraai! Dis waar ek beland het.

Voordat ek teologie gaan studeer het, het ek in my beroep besigheidsklas oor die wêreld gevlieg en duisende dollars per dag gevra vir my konsultasie kundigheid. En hier was ek besig om toilette skoon te maak. Regtig?! Jy kan jou die gemor en geknor voorstel!

Maar God het geweet wat Hy doen, want dit het my ‘n belangrike les geleer. Dieselfde les wat die wyse ou koning Dawid sy seun Salomo geleer het:

1 Kronieke 28:9 En jy, Salomo, my seun, jy moet die God van jou vader ken en Hom dien met jou hele hart en met ‘n gewillige gemoed, want die Here ondersoek alle harte en ken die bedoeling van elke gedagte. As jy na Hom vra, sal Hy Hom deur jou laat vind, maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verwerp.

Ja, my vriend, God roep ons soms om dinge te doen wat ons nie wil doen nie. Maar, doen dit met jou hele hart, ‘n gewillige hart, want Hy weet wat in jou hart aangaan. En as jy na Hom toe gaan om hulp te vra, sal Hy jou antwoord.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.