Drie Blinde Muise
We're glad you like it!
Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.
1 Korintiërs 12:4-6 Daar is 'n verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee; daar is 'n verskeidenheid van bedieninge, maar dit is dieselfde Here wat die opdrag gee; 6daar is 'n verskeidenheid van kragtige werkinge, maar dit is dieselfde God wat alles in almal tot stand bring.
Het jy al ooit gewonder, hoekom kan iemand anders dinge insien wat ek nie kan nie? Hoekom kan ek dit nie verstaan nie? Wat is fout met my? Jy is glad nie ‘n uitsondering nie. Ons voel dikwels so ontoereikend. Maar miskien is dit presies hoe dit altyd bedoel was om te wees.
‘n Paar jaar gelede het ek en twee kollegas ‘n nuwe onderneming begin. Dit was regtig baie opwindend … maar wat interessant was, was die verskillende rolle wat elkeen van ons gespeel het.
Keith was die een wat die visie gehad het om dinge aan die gang te kry. Hy is die soort ou wat dikwels dinge raaksien, wat die res van ons nie sien nie. Toe hy die idee die eerste keer met my bespreek het, kon ek dit nie verstaan nie. Dit het my eintlik ‘n hele rukkie geneem om sy idee te snap.
Die ander vennoot – Glenn – is weer goed met die organisering van geleenthede. Hy weet instinktief watter dinge hy nodig het om alles voor te berei en dit dan te doen. Hy het dinge raakgesien wat ek nie gesien het nie.
En ek … ek is die ou wat die nodige materiaal skep, en die projek in die regte rigting stuur. Die ander twee ouens kon my stukkie van die legkaart ook nie aan die begin raaksien nie.
Eintlik was dit soos die storie van die drie blinde muise. Eers toe ons koppe bymekaar gesit het, kon ons die hele prentjie sien.
En ek vermoed dat dit ook is hoe God dit altyd wou hê.
Dink mooi daaroor as ons in 1 Korintiërs 12: 4-6 lees: Daar is ‘n verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee; daar is ‘n verskeidenheid van bedieninge, maar dit is dieselfde Here wat die opdrag gee; daar is ‘n verskeidenheid van kragtige werkinge, maar dit is dieselfde God wat alles in almal tot stand bring.
Nie een van ons kan dit alleen doen nie
Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.