... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jy Kan Op Hom Vertrou

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 37:5-9 Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg. Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die son, jou reg soos die helder lig van die middag. Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van 'n skelm nie. Moenie kwaad word nie, laat staan die woede, moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende. Die skelms sal uitgeroei word, maar dié wat hulle vertroue in die Here stel, sal in besit bly van die land.

Listen to the radio broadcast of

Jy Kan Op Hom Vertrou


Download audio file

Emosies vorm ‘n groot deel van die mens wat ons is. Maar wanneer emosies hande uitruk, kan hulle ons in ernstige moeilikheid laat beland.

Ons het gister gesien, dat God ons uit die Bybel leer om in hierdie bose wêreld net aan te hou om goed te doen. Ons moet ophou om verkeerd te reageer en voortgaan om beginselvas en betroubaar te wees. Ons moet konsekwent goeddoen.

Dit is ‘n moeilik opdrag, nie waar nie? Dit is een ding om te sê: “Moenie reageer op die bose mense wat lyk of hulle voorspoedig is nie en gaan net aan om vir God te eer,” maar dit is heeltemal ‘n ander ding om dit in die werklike lewe uit te leef. Ek het ‘n bietjie hulp daarmee nodig. Kry jy dit reg om altyd reg op te tree? Ek het so gedink! Nouja, hier is die bietjie “hulp” vir ons almal!

Psalm 37:5-9 Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg. Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die son, jou reg soos die helder lig van die middag. Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van ‘n skelm nie. Moenie kwaad word nie, laat staan die woede, moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende. Die skelms sal uitgeroei word, maar dié wat hulle vertroue in die Here stel, sal in besit bly van die land.

Sien jy waar jy die hulp kan vind? By God self. Jy kan op Hom staatmaak. Hy sal jou help. Hy sal uiteindelik jou onskuld laat deurbreek soos die son in die duisternis. Nouja, wat moet ek doen? … Moenie reageer nie! Moenie toelaat dat jou emosies die oorhand kry nie. Moenie kwaad en ontsteld word nie. Moenie deur die boosheid ingetrek word nie.

Jy kan jou emosies in toom hou en veilig wees, want jou God is getrou. Vertrou Hom!

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.