... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie jou Skaam oor Mislukkings Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Timoteus 1:8 Jy moenie skaam wees om die boodskap van die Here te verkondig nie; en moet jou ook nie skaam vir my wat om sy ontwil 'n gevangene is nie. Inteendeel, dra jou deel van die ontberings vir die evangelie met die krag wat God jou gee.

Listen to the radio broadcast of

Moenie jou Skaam oor Mislukkings Nie


Download audio file

Mislukking is iets waaroor ons nie graag praat nie, want soos ‘kriptoniet’ vir Superman is, so is mislukking vreesaanjaend vir ons in hierdie wêreld van vandag; ‘n wêreld wat so sukses-gedrewe is en waar sukses absoluut verafgod word.

Jy het ongetwyfeld al mislukkings in jou lewe beleef: kleintjies wat jy reggekry het om onder die mat in te vee voordat mense dit raakgesien het; en skouspelagtiges, waar mense jou met minagting behandel het, jou gekritiseer het en agter jou rug beswadder het.

Die meeste mense sal omtrent enigiets doen om hul mislukkings te verberg. Maar om die waarheid te sê, dink ek elkeen van ons sal erken dat enigiemand wat in geloof waag om hul gawes en vermoëns tot God se eer te gebruik, foute gaan maak; ja, ons gaan mislukkings langs die pad beleef.

Nouja, wat doen jy dan? Hoe hanteer jy hulle? Kyk wat die wyse Paulus vir sy dissipel Timoteus sê:

2 Timoteus 1:8 Jy moenie skaam wees om die boodskap van die Here te verkondig nie; en moet jou ook nie skaam vir my wat om sy ontwil ‘n gevangene is nie. Inteendeel, dra jou deel van die ontberings vir die evangelie met die krag wat God jou gee.

Jesus het vir die wêreld soos die grootste mislukking in die hele geskiedenis gelyk toe Hy daar aan die Kruis gehang het. Maar Paulus sê: moenie skaam wees vir Hom nie. Ja, Paulus, ou vriend, jy kan maklik praat, jy is self ‘n eendagsvlieg – jy was selfs in die tronk gewees. “moet jou ook nie skaam vir my… nie. En dan verskuif hy die fokus op Timoteus (en op ons!) “Ly saam met my vir die Evangelie.” (Onthou in ons oë is lyding gelyk aan mislukking).

Goed, maar wat doen jy met jou mislukkings? Moet jou nie skaam vir hulle nie. God sal jou die krag gee om daardeur te groei en meer volwasse te word.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy